21 Augustus 08:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Menings
Piesang-ANC gly op sy eie skil oor Brian Molefe
Barnard Beukman

Inderdaad gebeur daar toe Vrydag iets meer bisar rakende Brian Molefe as sy beplande terugkeer na Eskom – die ANC se verklaring daaroor.

Skielik bevind die ANC hom toe as deel van die stroom van beswaar deur opposisiepartye en burgerlike organisasies.

Volgens die ANC is die besluit om Molefe terug te bring “roekeloos en toondoof” vir Suid-Afrikaners se woede oor korrupsie.

Die ANC se beswaar is dat Molefe “onder ’n wolk” by Eskom weg is ná die openbare beskermer (OB) se verslag oor staatskaping.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het ook in ’n onderhoud ­gesê die skuif is sleg vir die ANC se handelsmerk.

Wie anders as die ANC met sy toenemende piesangrepubliek-praktyke het die vreemde rol geskep wat Molefe die afgelope jaar speel?

Waar was die organisasie se besware toe hy met sy selferkende Gupta-bande by Eskom gemaak het soos hy wou?

Waar was die ANC se besware toe hy met sy selferkende Gupta-bande by Eskom gemaak het soos hy wou? Waar was sy verklaring toe Molefe onder die ‘wolk’ uit na die ANC se parlementêre koukus is?


Waar was sy verklaring toe Molefe onder die “wolk” uit reguit na die ANC se eie parlementêre koukus is?

As die ANC wel nou besorg is oor die publiek se woede oor korrupsie en sy handelsmerk, is daar darem ’n lang en ooglopende lys waaroor hy swyg.

Die interessante deel van sy verklaring is die verwysing na die OB se verslag oor staatska­ping. As dié verslag vir die ANC enigsins ’n maatstaf is om bekommerd te wees oor die stand van sake soos hy nou laat blyk, waarom word die enkele aanbeveling daarin nie uitgevoer nie? Dit is dat die president ’n regterlike kommissie van ondersoek aanstel na die kwessies wat in die verslag geopper word.

Indien die ANC, wat duidelik die hitte van openbare teenstand en dalende steunvlakke in sy eie private meningspeilings begin voel, werklik enige integriteit aan sy verklaring wil verleen, sal hy eis dat die kommissie van ondersoek dadelik aangestel word. En dat sy korrupte leier sy pos verlaat.

Of glo hy werklik die jongste Molefe-skuif is sonder die medewete van Nommer Een?

’n Vinnige oproep gister na ’n grondwetlike spesialis lewer op dat daar nie ’n kans is dat Molefe se heraanstelling die toets van die howe gaan deurstaan nie. Dit is glo nie eens ’n ingewikkelde kwessie nie en taamlik duidelik.

  • Die naweek is daar sekerlik happy hour in die Saxonwold-sjebien. Maar die uiteindelike afloop van dié episode in die Molefe-sage gaan noodwendig die ANC ernstige skade berokken. En hy kan niks doen om dit te keer nie. Beukman is redakteur van Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.