30 April 18:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Menings
Plaasmoord maak opslae in Nederland
Leopold Scholtz

Die moord op ’n Nederlandse boer op ’n plaas in die distrik Barberton het die kwessie van plaasmoorde opeens skerp in die Nederlandse media se kollig geplaas. En selfs los van dié voorval is pres. Jacob Zuma se naam in Nederland krater en sinoniem met magsmisbruik en korrupsie.

Verlede Vrydagaand het drie gemaskerde rowers Peet van Es (55) en sy vrou, Arine Prins (afkomstig uit Schiedam, langs Rotterdam), op hul plaas in die distrik Barberton oorval. Vyf uur lank is die twee aangerand en gemartel en Prins selfs probeer verkrag om hulle te dwing om te vertel waar hulle hul geld hou.

Uiteindelik is Van Es in die worsteling met ’n mes doodgesteek.

Die ironie is dat die egpaar op die punt gestaan het om ná 18 jaar se verblyf in Suid-Afrika na Nederland terug te keer. Hul plekke op die vliegtuig was vir aanstaande week bespreek. (LEES OOK: ‘Ek wil land afbrand, toesweis’)

Talle Nederlandse nuusmedia – koerante, webwerwe, radiostasies en selfs die plaaslike televisiestasie van Rotterdam – het prominent oor dié voorval berig. Opeens is die kwessie van plaasmoorde op die gemiddelde Nederlander se radarskerm geplaas.

In De Volkskrant, ’n gehaltekoerant wat hom op die bolaag van die lesende bevolking rig, is ’n onderhoud geplaas met Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, wat onlangs ’n uitgebreide verslag oor plaasmoorde uitgereik het.

Luidens die berig word “slagoffers gereeld gemartel met tuinvurke of bore voordat hulle vermoor word. Verkragtings vind ook gereeld plaas.”

Met meer as 18 000 moorde per jaar (50 per dag) het Suid-Afrika een van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld, aldus die koerant. “Die moorde op boere is ekstra belaai omdat wit groepe vermoed dat ’n politieke boodskap hieragter sit.”

Baie word gedoen teen stropery, koperdiefstal en geweld teen vroue en kinders, maar die moorde op boere het geen enkele prioriteit nie.

Roets het gesê die misdaad in Suid-Afrika neem oor die algemeen toe, maar stemmingmakery teen wit boere ook. Die boere voel dat die politici hulle in die steek laat.

“Baie word gedoen teen stropery, koperdiefstal en geweld teen vroue en kinders, maar die moorde op boere het geen enkele prioriteit nie. Pleks daarvan word boere gebruik as sondebok deur diegene wat aan die bewind is.”

Die AD, wat hom op die iets minder geleerde deel van die bevolking rig, haal syfers van die Transvaalse Landbou-unie aan waarvolgens 70 plaasaanvalle vanjaar al plaasgevind het. Sedert 1998 is byna 2 000 wit mense in plaasaanvalle vermoor.

Die slegte publisiteit is ook op Zuma se magsmisbruik en korrupsie gemik.

In die ander groot gehaltekoerant, NRC Handelsblad, vertel die gewese ANC-LP Vytjie Mentor hoe die familie Gupta haar in hul huis in Saxonwold, Johannesburg, ’n ministerspos aangebied het as sy daarvoor sou sorg dat hul lugdiens ’n monopolie op vlugte tussen Suid-Afrika en Indië kry.

Die koerant se korrespondent in Suid-Afrika, Bram Vermeulen, meld dat honderde korrupsieklagte bo Zuma se kop hang en haal Mentor aan dat Zuma beskerming van die magtige Guptas gekoop het. Sy vertel: “Die Guptas het in 2007 sy veldtog om partyleier (en later president) te word gefinansier. Al sedert die tyd van Mandela het hulle invloed op die ANC probeer kry, maar Thabo Mbeki het dit altyd verhinder. Zuma voel hy is iets verskuldig aan hulle. Hy is kwesbaar.”

Haar woorde slaan hard. “Zuma het hom omring met mense wat net so korrup soos hy is. Korrupsie is wat hulle bind. Hulle sit in dieselfde bootjie.”

Dié berig is tipies. Suid-Afrika kom in Nederland selde in die nuus; maar ás dit gebeur, gaan dit oor misdaad of korrupte politici. ’n Mens skaam jou vir jou eie land se leiers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.