29 Mei 23:02
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Menings
Populisme is nie demokrasie

Iemand vra onlangs, met Donald Trump in gedagte, wat die verskil tussen populisme en demokrasie dan is. Trump is tog immers demokraties verkies (selfs al het hy byna 3 miljoen minder stemme as Hillary Clinton gekry) en al trek kommentators hul neuse op vir hom en sy ondersteuners, bly die feit staan dat hy baie gewild is.

’n Populêre leier wat massasteun geniet en ’n verkiesing op ’n legitieme manier gewen het, kan tog nie anders as demokraties wees nie.

Dit is inderdaad so, maar die manier waarop ’n populistiese leier aan die bewind kom, is nie waar die onderskeid lê nie. Vele populiste word demokraties verkies.

Die uiterste en berugste historiese voorbeeld is Adolf Hitler.

In die meer onlangse geskiedenis kan ons verwys na Hugo Chávez van Venezuela, Tayyip Erdogan van Turkye, Rodrigo Duterte van die Filippyne – en Jacob Zuma van Suid-Afrika.

Laat ons dit duidelik stel: Die demokrasie is nie perfek nie, en kiesstelsels is manipuleerbaar. Dit behels ’n moeisame proses van onderhandeling en kompromie, wat verandering teen ’n slakkepas teweeg bring. Die frustrasie wat dit veroorsaak, word maklik deur ’n populis gebruik om steun te verwerf.

So ’n figuur belowe dan om sake reg te ruk. Sulke beloftes is baie gewild, maar om dit uit te voer moet demokratiese instellings dikwels omseil word.

Populistiese leiers kan ook demokratiese meganismes gebruik om hul mag uit te brei.

Duterte se dwelmoorlog is ’n angswekkende voorbeeld: Inhegtenisnemings en verhore duur te lank, en dit is veel makliker om vermeende dwelmhandelaars voor die voet dood te skiet.

Dit is ook ewe maklik om aantygings van dwelmsmokkelary te gebruik om van politieke teenstanders ontslae te raak.

In Venezuela het Chávez die regbank afgetakel nadat dié hom verhoed het om sy politieke vyande te vervolg. Hy het dit regverdig deur onder meer aan te voer dat die regbank meer sensitief behoort te wees teenoor die wil en die behoeftes van die volk. Ons het al onheilspellende eggo’s van dieselfde argument hier in Suid-Afrika gehoor.

Populistiese leiers kan ook demokratiese meganismes gebruik om hul mag uit te brei.

Die afgelope week het die wêreld toegekyk hoe die Turke in ’n referendum stem om aan Erdogan uitgebreide magte te gee. Dié magte besorg aan hom ’n diktatuur wat die Turkse demokrasie bykans uitwis – en tog dra dit die demokratiese stempel van legitimiteit.

Populiste misbruik dikwels die legitimiteit wat die demokrasie aan hulle verskaf, om te maak soos hulle wil.

Die ANC se optrede is al jare lank nie demokraties nie, maar word by die stembus as sodanig geregverdig.

Die probleem wat populiste bied, is dat hulle kort voor lank nie meer ’n verskil sien tussen eiebelang en landsbelang nie. Diegene wat dit waag om hulle te kritiseer, word uitgemaak as onpatrioties of as vyande van die staat.

Instellings wat in hul pad staan, word onder toejuiging afgetakel. Die ironie is dat dié instellings, hoewel nie direk verkose nie, in die eerste plek beskerming aan landsburgers en die demokrasie bied.

Hier in Suid-Afrika kyk ons die laaste jare toe hoe ons instellings die een ná die ander tuimel, namate demokraties verkose kleptokrate hulle vir eie gewin kaap.

Dit is dalk moeilik om voor te stel hoe so ’n scenario in ’n land soos die VSA, waar die demokrasie diep gewortel is, kan uitspeel. Die voorbeelde wat hierbo genoem is, neig na die uiterste. Die mag van ’n populis om skade aan demokratiese instellings aan te rig, hetsy in die Weste, hetsy in ’n ontwikkelende land, bly egter gevaarlik.

  • Lindie Koorts is ’n historikus verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.