19 Februarie 13:45
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Menings
Rian: Kry meer ‘dignitas’ en wees minder skollie

As jy ’n legende soos Joost van der Westhuizen se dood op sosiale media verwelkom of jy skryf kru beledigings op David Kramer se Facebook-muur, het jy geen waardigheid nie. Dan is jy, soos sy ouma sou sê, ’n skollie, skryf Rian van Heerden.

Rian van Heerden

Weet jy wat is “dignitas”? Moenie bekommerd wees as jy nie weet wat dit is nie. Die meeste Suid-Afrikaners het duidelik geen idee wat dit is nie.

Dignitas is Latyn vir waardigheid. En in hierdie stadium is daar bes moontlik steeds mense wat geen idee het wat waardigheid is nie. Kan ’n mens dit op jou brood smeer? Is dit die naam vir die plastiekblomme wat op grafte in Benoni verskyn?

Wat is waardigheid? Dit is ’n staat waarin ’n mens verkeer waarin jy eer of respek waardig is. Die beeld van die Japanse nasie wat ná Hirosjima, Nagasaki en Foekoesjima herbou sonder om in verwyte of selfbejammering vas te val, kom altyd by my op. Dit moet baie spesiaal wees om van Japanse afkoms te wees.

En hier? Hier vloek, skel en slaan ons vuis in die parlement. Hier jaag ons ons eie span tydens ’n sokkerwedstryd terug kleedkamers toe en rand mekaar met vuvuzelas aan. Hier skryf ons laakbare dinge op die legendariese David Kramer se Facebook-muur net omdat hy nie saam met die Crocs-draende messias Steve Hofmeyr op die verhoog wil verskyn nie.

Wat ’n gespuis.

Ek sit hierdie rubriek en skryf op Valentynsdag en wonder of dieselfde haatdraende mense vandag sagte beertjies en blommetjies aan hul geliefdes oorhandig. Verstaan hulle dan nie die ironie hiervan nie? Het jy dan ’n gesplete persoonlikheid of het jy vrede gemaak daarmee om te haat en lief te hê soos die gier jou beetpak? Is jou optrede respek waardig?

Ek vind dit ook nogal interessant dat mense altyd iemand soek om vir hul optrede te blameer. Jy sien, dis weens Jacob Zuma dat mense mekaar met die vuis bydam, dis Donald Trump se skuld, of “hulle” skuld, daardie “hulle” wat ons “volk” wil uitwis. Om nie eens van die Illuminati, Wladimir Poetin en Liewe Heksie te praat nie.

Luister asseblief mooi: As jy ’n legende soos Joost van der Westhuizen se dood verwelkom en op sosiale media daarmee spog of David Kramer kru beledig oor sy vrye reg van assosiasie, het jy geen dignitas nie.

Soos my ouma sou sê: Jy is ’n skollie. Punt.

Wat doen jy volgende as jy nie meer tekens het om te wys nie? Trek jy jou broek af?

Braai nog ’n stuk knoffelpolonie en vat nog ’n sluk goedkoop brandewyn, los die mense met dignitas in vrede. Jy sal hulle in elk geval nie uitlok om terug te skel nie.

Nou moet ek ook erken dat dit partykeer nogal moeilik is om jou humeur te beteuel. In die vorige paragraaf het ek dit byvoorbeeld effens verloor toe ek na twee Suid-Afrikaanse legendes verwys het.

Dit is egter noodsaaklik dat daar gereeld ’n stemmetjie in jou oor moet fluister: Tree jy met waardigheid op?

’n Paar dae gelede was ek byvoorbeeld op pad om ’n afrit te neem toe ’n motor skielik voor my inswenk. Daar was geen flikkerlig nie en ek moes rem om ’n ongeluk te voorkom.

Ek het my hande opwaarts gegooi en hard in die motor geswets. Die ou voor my het my reaksie in sy tru-spieëltjie gesien en toe, wel toe begin die vuil tekens.

Eers het dit op die gewone manier begin: Hy het wragtig vir my beduie of ek dan nie kyk voordat ek ry nie. Ek het iets soortgelyks teruggewys. Kort hierna het sy handjie by die venster uitgekom en die middelvinger is stadig gelig. Wat het ek gedoen? Wel, ek het my stuurwiel gelos en twee middelvingers vir hom teruggewys wat hy onmiddellik met ’n toffie beantwoord het.

Hoe waardig het ons ons gedra? En wat sou gebeur het as die verkeer nie skielik begin beweeg het nie? Wat doen jy volgende as jy nie meer tekens het om te wys nie? Trek jy jou broek af?

Ek het op daardie oomblik besef dat ek in die vervolg die volume van die waardigheidstemmetjie harder sal draai. Net om ’n klein bietjie respek na Suid-Afrika terug te bring. Al is dit net vir myself.

Maar ek wens steeds soms dat ek ’n Japanner was.

* Van Heerden is ’n TV-persoonlikheid en radio-omroeper.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.