24 Junie 07:18
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Menings
RSG: ‘Draai sy nek om’ word gou ‘sit dit af’
Annemarie van der Walt

Reg, sal al die kindertjies wat elke weeksdag om 11:00 vir ’n hele halfuur lank na die kinderstorie op RSG luister asseblief hulle handjies opsteek? Sien ek enetjie daar doer ver? En die mammas en pappas? O wag, hulle is by die werk. Oumas en oupas? Ekskuus, harder? Toemaar, ek hoor ook nie so lekker nie.

Trouens, ek hoor tans selde. Die eter in my huis is deesdae meestal RSG-loos want op die een of ander manier kry ek dit óf reg om die knop na “aan” te draai nes 70 000 skril kinderstemme “Die wiele van die bus draai om en om” sing op ’n tyd wat geen kindjie of kraaitjie naby ’n draadloos is of behoort te wees nie, óf ek sit nog in allersaligheid en werk en skrik my buite weste wanneer die totale aanslag van klokkies en klingels begin, en loop dan als onderstebo om by “af” te kom.

Inderdaad was die oorlog erger, en ek erken ’n mens behoort eerder te kla oor hoe die korrupsie op die Gupta-skaal meet en dies meer, maar dit gaan hier om radio.

Ek wil my horlosie en dagboek kan instel en organiseer volgens die vertroude programskedulering van my gekose radiostasie. Alles anders in die heelal en my eie roetine kan neig tot ’n tweede oerknal, maar moenie karring aan my radioluister-ritme nie.

Enige veranderinge in programskedulering moet uiters subtiel gedoen word. Ek kan nie bekostig om my nié te vervies vir die een of ander kommentaar vroegoggend op Monitor nie; ek wíl my oë hemelwaarts slaan as iemand inbel met ’n gelukwensing terwyl Martelize Brink eintlik ’n onderhoud voer oor kommandowurms, en ek wil bly wonder of Suzanne Paxton se tong óóit sal knoop oor ’n woord soos “epistemologie” in Spektrum.

Dié misterie word toe my leitmotiv vir radioverslawing.

En sonder Margot Luyt se “aller-allerbeste wense” op ’n Dinsdagaand ná Vers en klank gaan ek nie lekker slaap nie.

Sedert die Siembamba-dae is ek ’n luisteraar: vroegoggend voor die radiogram, ’n substansiële affêre op sulke regop 1970’s-pote, vir ’n storie so kort soos ’n asemteug.

Voor op die radiogram was dun strokies hout met daartussen die een of ander lap waaragter die luidsprekers was. Behalwe dat ek tóé gedog het dis presies waar die klein mensies in Siembamba-stories wegkruip. Maar maak nie saak hoe ek probeer inloer het nie, daardie stemme het nooit lywe gekry nie. Dié misterie word toe my leitmotiv vir radioverslawing.

Selfs as Voëlvry-student was my radio meestal ingestel op die Afrikaanse diens, en dit kon my min skeel dat my telling op die jy-is-koekerig-meter dus die hoogte ingeskiet het. Jare later met my eie kuikens in die nes, was Evert Snyman se aandstories die een manier om hulle tjoepstil te kry – ’n volle vyf minute lank.

Dís my punt: G’n kind se aandagspan hou vir ’n halfuurlange tjommelrige radiostorie nie. Grootmense s’n ook nie. ’n Mens kan ook net ­soveel keer deur knersende tande neurie “draai sy nek om, gooi hom in die sloot . . .” voordat jy oorslaan na “sit dit af, sit dit af!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.