22 Augustus 09:09
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 22km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 11°C

Wind 28km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Saterdag

18°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Menings
Ryloper-oom op die N1 kom oor my pad
Ivor Price

Hy staan en duimgooi op die N1. In my truspieël lyk hy ’n bietjie soos ’n ouwêreldse John Travolta. Sy hare is agteroor gekam en sy grys pak kan maklik ’n hele paar dekades oud wees.

As hy jonger was, sou ek hom beslis nooit ’n saamrygeleentheid gegee het nie, maar die verkeer poer-poer alweer en ek kan doen met geselskap – al is dit dan nou net tot by die Sunninghill-afrit waar ek moet afdraai.

Eers blaas ek op my toeter om sy aandag te trek en skree dan deur die linkerruit dat hy moet inspring.

Hy ruik na iets tussen ellende en Old Spice. Eintlik hoef hy nie veel te sê nie, want sy gesig verklap reeds die geheime en raaisels uit sy ­verlede.

“Oom is vroeg op die pad, Oom” toets ek die waters.

Dit neem ’n rukkie voordat hy antwoord.

“Ek moet besigheid in Pretoria gaan regmaak, my kind.”

Ek’s verbaas dat hy my – ’n wildvreemdeling – as sy kind aanspreek, maar meer verras dat ek hom oom genoem het. Twee keer. Hier in die groot stad verkies veral ouer mense om eerder gemeneer en gemevrou te word, en noudat ek self oud genoeg is vir vreemde mense se vreemder kinders om my oom te noem, verpes ek die oom-storie selfs meer.

Ons – dit is nou ek en die ryloper – het op die oog af niks in gemeen nie, buiten miskien ’n taal en die feit dat ons al twee op hierdie oomblik, op hierdie dag en tyd, in dieselfde kar na dieselfde radiostasie luister.

Hy ruik na iets tussen ellende en Old Spice.

Hy staan al op 75 en ek trek 40 se kant toe. Maar als gebeur met ’n rede en terwyl ons praat, tob ek stilletjies oor hoekom my pad juis met hierdie man moes kruis.

“My vroutjie is siek,” sê hy.

Maagkanker. Terminaal. Die dokter sê miskien ’n maand, maar hulle bid vir minstens twee sodat sy darem haar eerste kleinkind kan sien wat amper-amper reg is om die eerste lewenslig te aanskou.

Dis ’n “meisie-baby”, spog die oom. En sy gaan haar ouma se name kry. Maria Johanna.

Gisteraand het sy vrou weer gevra wanneer hy die papiere gaan regmaak, en dis met dié dat hy vanoggend besluit het om sommer te ryloop. Nee, hy’s nie bang nie. Die Here sorg mos vir sy kinders en hulle is nou moeg ge-suffer.

Hy wou al verlede maand by die polismense uitkom, maar die kar gee probleme en hulle seun het nog nie geld gestuur sodat hy dit kon laat regmaak nie. Maar tyd is ’n luukse wat hulle nie meer kan bekostig nie.

Nou vroetel die oom in sy baadjiesak op soek na sy biepende selfoon. Hy sê die ding is eintlik deesdae net ’n irritasie. Hy haal dan twee identiteitsdokumente en ’n opgevoude stuk papier uit sy sak en oplaas ook sy foon.

Die oom tuur lank na die selfoonskerm.

Dis sy seun, sê hy. Daar’s ’n vonkel in sy oog.

Die baba is vroeg gebore.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.