29 Maart 23:08
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Solly se sukses laat ANC gryp na die Taiwan-stok
Sarel van der Walt

Daar steek meer in die ANC se woede oor ’n DA-burgemeester se besoek aan Taiwan as wat hy wil toegee.

Die regerende party is suur omdat hy beheer oor die Tshwane-metro aan die DA afgestaan het en dít is een van die redes waarom daar so ’n storm losgebars het oor Solly Msimanga, die burgemeester, se besoek aan Taiwan.

Die ander rede is dat Msimanga, nadat hy as burgemeester ingelyf is, begin krap het aan iets waaroor die ANC ongemaklik is: korrupsie.

Msimanga het reeds verskeie korrupsieklagte by die polisie ingedien wat verband hou met die vorige ANC-bewind. Hy het ook gewaarsku dat nog klagte op pad is.

Die DA-burgemeester het in die afgelope vier maande ’n al hoe groter doring in die ANC se vlees geword. Daarom het die ANC, die oomblik toe dit bekend geword het dat hy in Taiwan is, nie geskroom om klippe na hom te gooi nie.

Die ANC was ook stil daaroor dat dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, ’n groep sakelui na Taiwan geneem het.

“Verraad, verraad!” het die ANC se koukus in die Tshwane-metro geskreeu.

Verraad? Omdat Msimanga dit durf waag het om ’n eiland te besoek wat nie deur die ANC-regering erken word nie?

Die ANC-koukus het aangevoer Msimanga het Suid-Afrika se bande met China en selfs met die ander Brics-lande belemmer.

Daar is ook beweer dat Msimanga die inwoners van Tshwane se geld gemors het, maar die Tshwane-metro het toe daarop gewys dat Taiwan die koste van die besoek gedra het.

Waaroor die ANC-koukus nie ’n woord rep nie, is dat daar sterk handelsbande tussen Suid-Afrika en Taiwan is en dat Suid-Afrika selfs ’n skakelkantoor in die hoofstad, Taipei, het.

Die ANC was ook stil oor die feit dat dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, in 2014 ’n groep van 18 sakelui na Taiwan geneem het.

Soos Amerika en Japan het Suid-Afrika nie diplomatieke betrekkinge met Taiwan nie, maar doen fluks sake met dié land.

’n Bydraende faktor tot die ANC se ongemak met Taiwan is die Taiwannese se sterk bande met die ou Nasionale Party-regering in die dae van apartheid, toe daar sanksies teen Suid-Afrika was. Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking beweer nou hy het Msimanga gewaarsku om nié die besoek af te lê nie.

Tog was dit heeltemal binne Msimanga se reg om handels- en beleggingsmoontlikhede in Taiwan tot voordeel van die mense van Tshwane te ondersoek.

Soos die politieke ontleder Theo Venter, vermoed ek die besoek aan Taiwan sou iets meer konkreets oplewer het as ’n besoek aan ’n Chinese stad.

  • Intussen moet Msimanga hom staal vir nóg ANC-aanvalle wanneer die Tshwane-metroraad einde Januarie weer vergader.Van der Walt is ’n politieke en diplomatieke joernalis in Pretoria.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.