24 Maart 14:14
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Menings
Staat, sinodes kan nie – vat liefs sélf hande

Verlede week het my kerk, die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika (VGKSA), algemene sinode in Benoni gehou. As waarnemer op sosiale media, en deur ’n paar besoeke by sommige sessies, kon ’n mens die gesprekke volg. Uiteraard is kerklike vergaderings baie kompleks (en uitputtend!).

Dit is ook nie altyd ’n barometer van wat in geloofsgemeenskappe gebeur nie. Soms is die besluite bloot die uitkoms van die magspel tussen persoonlikhede. Soms voel jy egter, is dit ’n oomblik van waarheid – net soms.

Een van die moeilike kwessies was die vraag of lidmate van die LGBT-gemeenskap (lesbies, gay, biseksueel en transgender) gelegitimeer kan word as dominees, en of die dominees van ons kerk selfdegeslagverbintenisse mag inseën. Die Hervormde Kerk het in dieselfde week onomwonde “ja” gesê – die VGKSA het gehuiwer, of selfs vasgesteek.

Vir baie van ons was dit weer ’n pynlike gewaarwording dat die lippediens tot openheid en liefde so moeilik beliggaam word. Daar is egter ’n ander groter gewaarwording wat by my opgekom het. Dit hou verband met die ontstellende beelde van studente wat biblioteke, lesingsale en die strate invaar en met alle mag en geweld eis dat hulle aangehoor moet word.

Dit moet ons almal tot onrus stem dat dit lyk asof ons net eenvoudig nie die vermoë ontwikkel het om verskillendheid te kan aanvaar nie. Geen gemeenskap (selfs binne geloofsgemeenskappe) dink dieselfde nie. Ons agtergronde en blootstelling op verskeie vlakke maak dat ons doodeenvoudig die werklikheid van diversiteit – ja ook in ons teologiese beskouings – op ’n ­ander manier moet beskou.

Dit beteken die vraag is nie dat een reg en die ander verkeerd is nie. Die beteken bloot dat ons die uitdaging moet aanvaar om, saam met mekaar, in liefde, die waarheid te bly soek. Niemand van ons het die finale alleenreg op die volle waarheid nie.

Die Belydenis van Belhar beskryf die wedersydse aanvaaring so mooi: “(Ons glo) dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus, geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God.”

Dit is dan ook die raamwerk waarin die konflik gesien moet word. Die tragedie is dat ons jeug grootgemaak is in ’n kultuur waar die een groep eers die ander moet stilmaak (selfs doodskree) om hulself te handhaaf. Die gevolg is dat ons nie meer met mekaar kan debatteer, verskil, leer en leef nie. Ons is in ’n drukgang waar ons altyd moet wen – en soms ten alle koste, veral ten koste van hulle wat anders as ons gevestigde tradisies leef en dink.

Terwyl die groter saak – ons saambestaan – so broodnodig is, is die eintlike vraag dus nie wie reg of verkeerd is nie, maar eerder, hoe maak ons dit moontlik om saam met mekaar te leef, en ook mekaar te dien en te verryk.

Die uitdaging is inderdaad: Hoe kan ons ons uiteenlopende gawes, geleenthede en oortuigings benut om ’n beter samelewing te word? Miskien moet ons nie meer te veel verwag van die regering of kerkvergaderings nie. Miskien moet ons besef die gawes is in ons eie hande.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.