26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Menings
Sypaadjies: Advies is ’n klap in die gesig as jy honger voel

As Coloured mense begin praat van positive role models en positive depictions van Coloured mense innie media, dan is al wat ek an dink dai dag wat Marius Fransman na ôs skool toe gekommit en toe vra hy vi ôs of ôs wiet waa al Bishop Lavis se rykdom is.

Hy het ôs ees ’n bietjie lat dink, en toe gie hy vi ôs die antwoord: “Belhar se ­begrafplaas.” Wan dai was waa al Bishop Lavis se potensiaal gelêrit.

Die regte antwoord, realistically, was probably die hys oppie hoek waa hulle die tik vekoep. Maa jy kannie dai sê nie, soe jy speel maa die game en act surprised.

Die game het soe gewêk: Jy hou vi jou plat virre paa jare, maak it yt ie ghetto en maak iets van jouself, dan as jy ees ’n kar enne suit kan afford, kom visit jy jou ou skool en maak asof jy nie wiet wat angan innie ghetto nie. En dan moet jy wat nog innie ghetto bly, sit oppe arbitrary Maandagoggend êrens innie mirrel vannie jaa, en hanne klap en inspired voel deu die man wat daa voo staan wie nou wee in sy kar gan klim en nooit wee an jou dink ’ie.

Die idea is dai man moet ’n inspirasie vi ôs wies, maa al wat ôs gesien'et, wasse brêkgat wie niemand worry van nie. Nou moet ôs daa sit en dink hoe gevaalik hy is. Wat hy eintlik wil hê, is ôs moet sleg voel oo ôs self, wan ôs issie soe grend soes hom ’ie.

Hou op vi mense sê hulle moet bieter doen, harder try.

Die anne ding wat it my remind van as mense van positive depictions praat, is dai meisie wie innie nineties gan au pair et in America en dan kom sy trug ná tien jaa, en sy is getroud mette wit American man. Dai meisie kom altyd trug om haa ma hulle te kom visit en dan stap sy innie pad af en is disgusted deu hoe mense soe kan
liewe, en sy is altyd moeg van Coloured laities wie niks ambition het’ie. Wan ­Coloured meisies wil net pregnant raak en boys wil net gangsters raak, nie een van hulle hettie insight ommie eeste American man te vat wie vi hulle ’n green card kan secure nie.

Niemand hou van om tussen gangsters te bly nie en as jy hou daavan omme gangster te wies, en saam gangsters te bly, dan bly jy te lank al saam gangsters om te wiet daa bestaan ienagge iets annes. Maa ek wil altyd net sê, hou op om vi mense te wil moed inpraat. Hou op vi mense sê hulle moet bieter doen, harder try. En hou op wil hê anne mense moete voorbeeld stel. Is jou ma en pa se wek om vi jou ’n voorbeeld te stel. Ienagge iemand annes is orait, hou jou voorbeeld. ’n Mens kannie ’n goeie voorbeeld iet ’ie. ’n Goeie voorbeeld gannie die ligte anhou nie. Is gewoonlik die slegte voorbeelde wat vi jou sal wys hoe omme way te maak om dai geld te kry vi kos, lig en klere.

My ou skool het al baie kee vi my gevra om te kom praat daa byrie skool en ek het nog nooit gewiet hoe om nee te sê nie soe ek antwoord maa net ’ie, nou lyk ek sieke soese brêkerige bra. Maa dai skool-visit is maa net ’n victory lap, ek wiet ek kan niemand help ’ie en ek wil vi niemand advice gie nie. Advice voel soese klap innie gesig as jy honge, lonely en moeg is en as jy unsafe voel. As jy honge is, wil jy hê iemand moet vi jou kos gie, nie vi jou sê hoe honge hulle al wassie. As jy lonely is, wil jy hê iemand moet vi jou introduce an anne mense, nie vi jou sê daa is iemand daa byte vi ammel ’ie, as jy moeg is, wil jy slaap, en wakke skrik en wiet die problems wat jou soe wakke hou innie aand, gannie mee daa wies as jy opstaan yt’ie slaap yt’ie, jy willie hoor van droeme nie.

As jy unsafe voel, soek jy ’n way yt, jy soekie ’n positive role model nie, wan ­positivity issie bulletproof ’ie, en Belhar se begrafplaas is iewe vol van negative mense en mense wie nie ’n siel gepla et ’ie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.