18 Augustus 22:11
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Menings
Sypaadjies: Jy drink die tee wat jou dogter vir jou gee

Ek lyste nog net my eie music op my headphones. Ek dink it is vyf jaa laas wat ek music hard gespeel et inne hys. Noudat ôs liewens completely colonized is deu my vyf jaa oud dogte is al music wat allow wôd, state approved tunes, en mettie state bedoel ek my dogte. Alles wat ek nou doen wôd accompany mette Monster High-soundtrack. Ek moet sê J.M. Coetzee lies differently as Katy Perry heeltyd “Roar”
on repeat in jou oor sing tewyl jy lies hoe David Lurie ytgebrand wôd in Disgrace.

Is different om ’n documentary te kyk oo Palestine tewyl iemand annes innie selfde kame (al is daa meer as een kame) biesag is om kliphad My Little Pony te kyk en ver­batim elke woord repeat wat Twilight ­Sparkle sê.

Maa ek doen it, ek sit net die subtitles an en lat it alles mix soese gross concoction.

Soes wanne jou dogte vi jou tea maak met koue kraan wate. Maa jy drink it, wan is sy wattit gemaak ’et en om honest te wies omdat jy rêrag lus is virre koppie tea. Is weird – it is soes om tea te drink yt ’n ­soapy koppie, maa al difference being dat instead van ommie tea yt te gooi, raak jy gewoond an die soapy taste.

Ek het niks great desire om myself te impress op my familie nie. It voel vi my ampe petty deesdae om my eie preferences te het. It voel childish.

Ek realize ek is perfectly happy daamee om nie mee die main character in my eie storie te wies ie. Ek voel soes Bilbo Baggins in The Lord of the Rings. It’s interesting om die niewe characters te sien in hulle eie ­adventure.

Ek realize ek is perfectly happy daamee om nie mee die main character in my eie storie te wies ie.

Well, die niewe character, my dogte.

Ek het baie om vi haa te sê en om vi haa te lee, maa ek los it nog, daa is genoeg tyd om te lee, maa noggie, nie nou nie, vi nou los ek haa maa om te govern soes die president vanne klein eiland.

En ek cast myself innie rol van ’n adviser. Maa ek point net die obvious goed yt, soes moenie dai iet as jy nie wil doodgan nie, moenie daa op staan as jy nie op jou kop wil val ’ie. Ek sê soe min as possible, besef ek, it’s strange vi my as parents en kinnes compete vi space inne relationship. Nie omdat ek dink is vekeed ’ie, vi baie mense issit baie belangrik. Maa ek dink ek het ge-overdose op individuality toe ek ’n kind was. Ek het te veel tyd op my eie gespend, en altyd gedoen wat ek wil doen. Daa is vi my ’n groot freedom daa-in om elke dag stukkies van my self op te gie. Ek doen it willingly sône om coaxed te wôd.

Ek suppose part vannit is omdat my dogte vi my soese undamaged version van myself seem. Soese diertjie wat groot wôd in untouched country. It fascinate my, ek wil meer soes haa wies instead daavan dat ek wil hê sy moet meer soes my wies. Ek wiet daa gan ’n tyd kom wat ’it gan ve’anne, daa ganne tyd kom wat dit wat ek wiet, rêrag gan matter, dat ’it rêrag vi haa gan help met ’n life wat swaa wôd vi ammel, no matter hoe jy opgegroei et.

Maa vi nou enjoy ek om te sien hoe ’n kind lyk wattie vanaf die eeste dag fight vi survival ’ie. Ek is curious om te sien hoe ’n brein vorm wattie ’n gat innie mirrel hettie. Somtyds kyk ek my dogte an, en wil vi haa vra, wiet jy hoeveel jaa se suffering ’it gevat et vi jou om dai cupcakes soe half ge-iet rond te lat lê? Wiet jy hoeveel sleepless nights daa is in een barely sipped juice? Vi my en jou ma was Genesis Openbaring – ôs het begin byrie einde en ôs way trug ­gewêk na Exodus.

Maa ek los it, ek grumble every now and then en gan sit in my hoekie en wêk met woorde en dink an goed wat my na diep low plekke vat, met Charlie and Lola wat êrens innie background soes running commentary speel en appreciate die small comforts vanne twiede childhood by proxy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.