22 Julie 12:42
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Menings
Sypaadjies: Majorie choose die stage, ek die liver

Majorie was altyd majestic. As sy haa arms oepgegooi et om jou te embrace het it my altyd lat dink anne stingray wat jy slightly van onne af sien.

Maa Majorie se embrace was altyd warm, mette sweet scent, soese bak vrugte wattie son vang. Majorie was soe groot dat as jy met haa praat, het jy altyd gevoel soese thespian oppe stage wat sy woorde moet project om gehoor te wôd. Is hoekom it goed was dat sy soe goed was daa in om te lyste.

Sy was een van dai mense wat altyd geseem et asof hulle onne layers en layers van lappe loep. Soese gaudy monk.
Majorie was altyd blou eye shadow en goue jewelry, as ek haa siel moes teken sou it een van dai birds of paradise wies, wie ’n nes gemaak et inne goue goblet, adorned met diamonds en rubies.

Vi Majorie het ek gemeet inne art gallery innie Kaap, en toe wee innie Louvre in Paris. Die coincidence was te groot vi os om nie vriende te wôd ’ie. Ek was in Paris omdat ’n residency vi ôs geld gegie ’et om Paris toe te gan, Majorie was daa omdat sy velief was oppie city en omdat sy elke paa jaa gan. Dai moet sieke die eeste sign gewies et, dat die friendship gan corrode. Is swaa vi mense wie geld het om mense te vestaan wattie geld hettie, en vice
versa, suppose ek. Maa dai was nooit die dynamic tussen my en Majorie nie. Majorie het somehow intuitively vestaan, as sy wil gan virrie coffee wat sy suggest et, sal sy moet betaal en nooit daa’oo praatie.

Majorie was altyd blou eye shadow en goue jewelry, as ek haa siel moes teken sou it een van dai birds of paradise wies.

Majorie was sensitive virre dysend klein goed wat anne mense nie sensitive voo was ie. Majorie het my gelee van fine ­dining en ek het vi haa gelee van fine art. Somehow as ek met haa gepraat ’et, het ek altyd alles onthou wat ek al ooit gelies ’et. Al die goed wat ek gewoonlik vegiet. Ek was articulate rondom Majorie asof al my woorde somehow opgelign ’et vi haa
pleasure, asof hulle in haa service was; die Nathan-hotel en ôs special patron, Majorie Benoit. Majorie hettie stage gechoose, en ek moes die performance deliver, whether it humour, tragedy, philosophy of art was, ek was altyd unprepared, altyd willing ­ennit was altyd fulfilling, wan Majorie was die beste soot audience, wie jou trug betaal ’et met generous laughter, ’n unforced traan, self-reflection of awe, whatever
needed was.

Ek het jare laas met Majorie gepraat en dan gan ek na ’n art exhibition in Gra-hamstown toe, waa ek bly soedat ek nooit hoef in ienagge iemand vas te loep wat ek kennie. En of course kry ek vi Majorie daa, asof om die circle toe te maak. En toe ek haa sien toe moet ek my lip byt, wan Majorie het finally ouer as my gewôd.

Ek het virrie eeste kee besef Majorie is at least 40 jaa ouer as my.

Ek het virrie eeste kee besef Majorie is at least 40 jaa ouer as my. En ek het gan hallo sê en gevra hoe it gan met haa kinnes, en die heeltyd gestaan en try om te onthou hoekom ek vi Majorie jare laas gesien ’et. Ek wiet net ek het eendag kwaad geraak vi haa vi iets en nooit wee met haa gepraat ie. Soes ek doen. Ek kan jare spend enne relationship bou met iemand, soese delicate ys sculpture. En dan vi die slightest infraction skop ek die hele ding om soese Lego building.

Tyd het sy way met Majorie gehad en haa discard soes iets unfashionable. Toe ek haa wee sien, toe lyk Majorie shrunk­en, en oud. Sy het gelyk soesie derde poppie inne Russian doll. It het my lat dink, dai is wat tyd an jou doen, it strip jou weg, layer for layer tot daa net as oobly. Ek het haa gekyk en sorry gevoel. Ek expect al my friendships om immaculate te bly, soes Bernini se Ecstasy of St. Therese, en as die expectation inevitably te groot wôd, vandalize ek die connection met spray cans en slang graffiti. It is die wêreld wat ek wil wegkom van, wat altyd my eeste recourse wôd, die ways wat ek geleer’it in hardship wat my weapon wôd, ek sittie ligte af assie fighting byte begin.

En assie fighting van binne af begin, dop ek my binneste byte toe, expel alles wat daa ­binne is, en slyt myself toe in my vel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.