22 Augustus 20:38
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Menings
Tambo draai in sy graf om

Die waarde van ’n vry, onafhanklike en vreeslose media in ’n demokrasie word nou weer bewys met al die onthullings oor die Gupta-
e-posse wat die werklike omvang van die familie se invloed oor pres. Jacob Zuma en die regering demonstreer.

Dit is nog net die ANC wat nie die werklikheid wil sien vir wat dit is nie: Suid-Afrika is deur Zuma se toedoen lank nie meer die onafhanklike demokratiese staat wat Suid-Afrikaners vir die eerste keer in 1994 tot stand gebring het nie. Dit is ’n gekaapte staat wat deur ’n ryk familie regeer word.

Die ANC het besluit om Zuma te ­beskerm en trek laer om hom.

Dit sal egter nie hou nie. Die party se enigste redding is dat Zuma einde vanjaar die partypolitieke toneel gaan verlaat, maar hy beplan om sy invloed te rek tot ná die verkiesing van ’n ­nuwe ANC-leier.

Verkieslik, volgens hom, sy eksvrou dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

Hy het die ANC al meer as genoeg rede gegee om teen hom op te tree. Die party verkies egter om niks te hoor, niks te sê en niks te doen nie. Die president se grootste mistasting was natuurlik die vertrapping van sy ampseed. Die oomblik toe die konstitusionele hof dít bevind het, moes die ANC hom die deur gewys het.

Ons het egter nog lank nie die laaste van die Zuma-sloopyster gesien nie.

Die party het per slot van rekening oudpres. Thabo Mbeki van sy pos as staatshoof ontneem bloot omdat hy dit durf waag het om Zuma uit te daag as ANC-leier. Dit is ’n klein oortreding in vergelyking met Zuma se velerlei grotes.

Zuma het eiehandig die eertydse sterk ANC-alliansie verbrokkel tot net ’n skadu van wat dit was. Cosatu is net ’n geraamte van die magtige krag wat dit eens was. Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party kom al hoe nader daaraan om self aan verkiesings deel te naam – teen die ANC. Die alliansie het natuurlik net homself te blameer vir dié stand van sake.

Ons het egter nog lank nie die laaste van die Zuma-sloopyster gesien nie. Die vonke gaan nog spat by vanjaar se beleid- en verkiesingskonferensies. Die ANC kan homself dalk net hierdie keer onomkeerbare skade aangerig het.

Wie ook al Zuma opvolg as ANC-leier, gaan sy of haar hande vol hê om die party verenig te hou en te herbou tot die krag wat dit was. As die opvolger adj.pres. Cyril Ramaphosa is, sal die meeste Suid-Afrikaners hom die voordeel van die twyfel wil gee om ­sake reg te ruk. Dieselfde kan nie van Dlamini-Zuma gesê word nie.

Ramaphosa sal egter gou agterkom hoe ’n groot struikelblok die ANC se verknogtheid aan die beginsel van “die kollektief” vir ’n ANC-leier kan wees. Die samestelling van die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) wat in Desember verkies word, sal vir hom bepalend wees. ’n NUK gelaai met ­Zuma-lojaliste sal ’n probleem wees wat sy invloed kan ondermyn.

Die ANC het meer as genoeg gedoen om Suid-Afrika uit die kloue van apartheid te red, maar het net soveel gedoen om die winste van bevryding te verkwansel. Die party moet hom afvra waarom die heersende omstandighede in die land deur sommige beskryf word as “net so erg soos in die dae van apartheid”.

Die standvastige ANC-leiers wie se name die ANC graag so rojaal uiter wanneer dit by die party se verlede kom – Mandela, Tambo, Kathrada, ­Sisulu, – moet in hul grafte draai, gegee die gemors waarin Zuma en sy meelopers die party gedompel het.

Ter wille van die party en van die land moet hulle gestuit word, sommer nog by vanjaar se 105de nasionale konferensie.

Intussen moet die media daarmee volhard om al die gruwels van Zuma en sy meelopers bloot te lê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.