24 Julie 18:48
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Menings
Thuli was as OB soos ’n goeie heelagter in rugby
Sarel van der Walt

Volgende week dié tyd is adv. Thuli Madonsela nie meer die ­openbare beskermer (OB) nie.

Volgende Saterdag neem adv. Busisiwe Mkhwebane dié moeilike rol oor.

Mkhwebane is amper in dieselfde bootjie as oudpres. Thabo Mbeki in 1999 toe hy by oudpres. Nelson Mandela oorgeneem het.

Soos Mbeki destyds, het sy groot skoene om vol te staan, want Madonsela het haar toets as openbare beskermer die laaste sewe jaar met waardigheid en onderskeiding geslaag.

Madonsela sal onthou word as die openbare beskermer wat ­bereid was om die eens onaantasbare pres. Jacob Zuma oor Nkandla te pak en hom ondanks die enorme druk en selfs dreigemente teen haar selfs tot in die konstitusionele hof aan te durf en bloedneus te slaan.

In die laaste vesting was Madonsela die publiek se rots van Gibraltar teen die aanstormende Zuma-regering.

Sy was as openbare beskermer soos ’n goeie heelagter in rugby. In die laaste vesting was Madonsela die publiek se rots van Gibraltar teen die aanstormende Zuma-regering.

Met haar daar het die publiek veilig gevoel, want sy was stewig onder die hoë bal en sterk op die verdediging. Daarby kon Madonsela met die linker- én regtervoet kantlyn toe skop, en wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, kon sy soos ’n André Joubert van ouds verdediging in aanval omskep.

Die belangrikste van alles is dat Madonsela gewys het jy moet speel volgens die reëls wat die Grondwet neerlê.

Ons moenie vergeet nie, sy het ’n sterk span om haar gehad wat haar filosofie gedeel het en ­bereid was om skelmstreke meedoënloos bloot te lê.

Madonsela het gewys as jy glo in wat reg is, moet jy nie ­hui­wer om daarvoor op te staan nie. Ek glo daar is nog baie sulke mense in die land oor wat die goeie bo die bose verkies.

Mkhwebane sal waarskynlik ’n ander soort heelagter wees, maar kan ons soos hoofregter Mogoeng Mogoeng verras.

Die groot vrees is dat sy onder die hoë bal nie haar oë daarop sal hou nie, maar sal opkyk om te sien waar die regering (lees Zuma) is.

Eergister het Zuma se regspan Madonsela in ’n vier uur lange vergadering probeer oorreed om haar ondersoek na die Gupta-familie se beweerde betrokkenheid by staatskaping na Mkhwebane oor te dra. Zuma skop nou kantlyn toe om tyd te wen, want hy besef Madonsela se wedstryd is amper verby.

En hy weet Mkhwebane het klaar gesê die staatskaping-ondersoek is nie prioriteit nie.

Dalk is die komende week ­die laaste geleentheid wat Madonsela die bal langs die kantlyn sal vang, en met ’n teenaanval begin. Of dalk kom sy in die doodsnikke vorendag met ’n reuse-skepskop uit die hoek oor dit wat sy reeds oor die hele sage uitgevind het.

Net om die sout in te vryf.

  • Van der Walt is Beeld se

politieke joernalis in Pretoria.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.