30 April 18:44
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Menings
Tim du Plessis: Opposisie kan begin energieë losmaak

Hulle sê vir elke ingewikkelde probleem is daar ’n eenvoudige oplossing – wat verkeerd is.

Toe wit minderheidsbeheer in Suid-Afrika in die laat 1980’s onhoudbaar blyk, is hier en in die buiteland gevra: Maar hoe stop ons dit?

As die wit regering oornag verwyder word, kan ’n vakuum ontstaan wat anargie en die verbrokkeling van die land aan die gang sal sit, is gehoor. Die destydse magshebbers het Suid-Afrika se vraagstukke doelbewus gekompliseer om so beheer te behou.

Maar mettertyd het ’n formule, ’n padkaart, uitgekristalliseer wat eintlik betreklik eenvoudig was: Herroep die apartheidswette, ontperk die politieke bewegings, staak wedersydse geweld, begin onderhandel en sit ’n proses aan die gang wat ’n nuwe politieke bedeling skep wat die mag vreedsaam en ordelik by die ou regering kon oorneem.

En dis min of meer hoe dit toe uitgewerk het. Weliswaar met bloedvergieting, hope frustrasie en uitmergelende onsekerheid. In die relatiewe kort tydsbestek van vier jaar, tussen prisonier Nelson Mandela se vrylating in Februarie 1990 en president Mandela se inhuldiging in Mei 1994.

Dis nou omtrent 30 jaar later en in vele opsigte is ons terug waar ons was in PW Botha se Suid-Afrika. Die regering het sy morele gesag verloor. Die president word nie gerespekteer nie. Die regerende party en sy omringende elite is ontdaan van kreatiewe idees en veerkragtige denke. Hulle klou aan die mag vas, speel vir tyd en oorleef van krisis tot krisis.

Vandag se krisis is minder apokalipties, maar potensieel net so bedreigend as die apartheidskrisis.

Die slim mense en die gewone mense stem in 2016, nes destyds, saam: Só kan dit nie aangaan nie. Die toekoms maak ons bang. Dinge moet verander, maar hoe? En wat as die verandering wat móét kom, chaoties raak en die land en al sy mense verswelg?

Daar’s een groot verskil tussen nou en die 1980’s: Die harde neut wat destyds gekraak moes word, was die beslegting van die sentrale geskil in Suid-Afrika. Hoe verkry alle Suid-Afrikaners ongeag velkleur dieselfde regte? Kort begrip: Hoe word apartheid beëindig?

Dit is suksesvol gedoen – in ons eie oë én in die wêreld s’n.

Vandag se krisis is minder apokalipties, maar potensieel net so bedreigend as die apartheidskrisis.

Die vraag in 2016 is: Hoe word die verskriklike armoede uitgewis wat dreig om die hele Suid-Afrika af te trek en te verdoem? Hoe kry ons die ekonomie aan die groei sodat werk geskep kan word? Hoe maak ons seker die groei is inklusief, d.w.s. dit bevoordeel álmal? En les bes, watter soort politieke leierskap is hiervoor nodig?

Want dis oorvloedig duidelik dat nie net is die ANC onder die dwingelandy van pres. Jacob Zuma reddeloos onopgewasse vir die taak nie, die party en sy dominante denke is die primêre rede waarom so min strukturele vordering die afgelope 22 jaar met die verligting van armoede gemaak is.

So, wat is die “oplossing” vir die benouende dilemmas van vandag? Eintlik eenvoudig: Tussen nou en 2019 moet die magte vir moderniteit, rasionaliteit en grondwetlikheid die oorhand kry oor die ANC se agterlike tradisionaliste en rasse-ideoloë, so voortreflik versinnebeeld deur Zuma en sy paranoïese afdwingers wat besig is om ’n ou-Afrika, outoritêre bestel hier te vestig.

Hoewel elke dag met Zuma in die Uniegebou ’n foltering is, is sy rakleeftyd eintlik verstreke. Dis irrelevant of hy ná die munisipale verkiesing, ná 2017 se ANC-konferensie of eers in 2019 gaan.

Al wat tel, is of hy en sy faksie dit gaan regkry om ’n opvolger van húl keuse aan die ANC op te dwing. Slaag hulle daarin, sal die Zuma-projek van meedoënlose Zanufikasie van die ANC voortduur sonder om ’n ganspassie te mis. Dan wink Zimbabwe.

Dis gewoon onrealisties om te verwag ’n opposisieparty of ’n koalisie sal die bewind enige tyd gou ordelik en vreedsaam by die ANC afneem. Maar opposisiepartye wat op 3 Augustus en in 2019 trosse stemme van die ANC weglok, kan energieë losmaak wat op die duur die ANC se magsgreep op die land verbreek.

Suid-Afrika kán omdraai op sy huidige pad van wanhoop en rampspoed. Maar dan sal die ANC Zuma se sinistere, slinkse veldtog moet stuit om sy eie opvolger te salf en só sy bedenklike, korrupte regime vanuit die graf voort te sit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.