21 Augustus 08:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Menings
Van die braaivleisvuur na die straatoptog
Alicestine October

Die meeste Suid-Afrikaners is polities nie baie aktief nie. Die gemiddelde kieser ag gewoonlik sy of haar plig as “afgehandel” ná die trek van ’n kruisie in die verkiesings.

Wanneer duisende Suid-Afrikaners dus hul bas lig en opruk na die politieke setels van mag, is dit iets vir die geskiedenisboeke.

In sommige kringe word gesê die laaste keer dat daar so baie voete voor die Uniegebou was, was met die inhuldiging van Nelson Mandela in 1994. Toe was die atmosfeer dié van ’n feesviering.

In die huidige politieke en ekonomiese klimaat is daar egter meer desperaatheid, meer woede en bitter min geduld met ’n president en ’n ANC-leierskorps wat talle voel hulle al te lank te na gekom het.

Genoeg is genoeg, was die algemene boodskap gedurende die optogte. Maar is dit? Duisende voete uit protes teen een man – is dít genoeg?

Waarskynlik nie, en veral nie as dit nie ’n groot deel van die ANC se steunbasis kan oorhaal om saam voete te stamp nie. Tot dan is pres. Jacob Zuma steeds in sy stoel.

Intussen word gevrees dat die massa-optogte mettertyd stoom gaan verloor en gewone burgers weer maar net sal mor om die braaivleisvure en eetkamertafels wat swaar met politieke opinies gepak is.

Tog behoort die impak van die massa-optogte nie onderskat te word nie.

Ja, dit sal Zuma en sy lakeie nie oornag uit die magsposisies verwyder nie, maar daar is ook geen rede om in sak en as op moedverloor se vlakte te beland nie. Die golf van verset het begin in dít wat werklik saak maak – die bewuswording van gewone Suid-Afrikaners.

Talle Suid-Afrikaners is vandag polities wakkerder as gister.

Talle Suid-Afrikaners is vandag polities wakkerder as gister en in ’n demokrasie waar apatie maklik ’n hoë tol kan eis, beteken dit baie. Hoeveel dit werklik beteken, sal waarskynlik eers in 2019 met die volgende nasionale verkiesing geoordeel kan word.

En tot dan?

Dit is nou (ongelukkig) steeds die ANC se skuif. Maar ook hier het die openbare druk sy tol begin eis. Selfs al draai dit hoofsaaklik om die party se selfbehoud, het talle in die party die afgelope ruk voor hul Damaskus-oomblikke te staan gekom en hul stem laat hoor teen wat as die politieke roekeloosheid van een man bestempel word. Ander ANC-leiers kruip nog in die dwangbuis van partydissipline en “eenheid’’ weg.

Ook dít sal binnekort weer getoets word met die mosie van wantroue in Zuma wat die parlement, hangend ’n aansoek in die konstitusionele hof, uitgestel het. Sou die UDM met sy hofaansoek vir ’n geheime stemming in dié mosie slaag, kan die gety draai as ANC’s volgens hul gewete kan stem.

Net die tyd sal leer.

Die stryd om die siel van die ANC – en daarmee saam die toekoms van Suid-Afrika – word op talle fronte geveg.

Op straat met ’n ontploffing van openbare verset, in die hof, en in die parlement – bínne die ANC. En waar dit vandag werklik die meeste saak maak, is in die regerende party self.

Die “ware” MK-veterane het onlangs gevra vir ’n nasionale oorlegplegende konferensie waar die toestand van die organisasie in oënskou geneem kan word, eerder as die beleidskonferensie wat vir Junie geskeduleer is.

Daar is ook pleidooie vir ’n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee om probleme in die party te bespreek. Die laaste keer is ’n onsuksesvolle mosie van wantroue teen die president op dié vergadering gebring.

Wie weet wat die volgende een kan oplewer?

  • Dit is ’n tyd waarin die politieke dinamiek oornag nuwe windrigtings kan inslaan. October is ’n parlementêre verslaggewer van Netwerk24.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.