18 Augustus 22:11
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Menings
Wêreld is nader aan WO III as wat ons besef

Hoe ver is ons op die oomblik van ’n Derde Wêreldoorlog af?

Met pres. Donald Trump van Amerika wat sy “armada” na Noord-Korea stuur – ’n land met ’n mal hanswors aan die stuur van die grootste weermag ter wêreld – is ons beslis ’n paar grade nader aan ’n oorlog wat min mense gaan oorleef.

Charles Smith

Ongelukkig (of gelukkig vir ons) het Trump sy een vliegdekskip (USS Carl Vinson) op pad na die noorde “verloor” terwyl hy afgevlieg het vir ’n potjie gholf op sy speelplek in Florida.

Dit gee Kim Jong-oen nog ’n rukkie kans om in die Oorlog oor die Slegste Haarstyl met ’n paar vuurpyle te speel. Net dalk vergeet hy op watter vuurpyl sy vorige weermaghoof – wat
hy laat doodskiet het – die eerste kernplofkop geskroef het.

Maar niemand worrie juis hieroor in Zuma-stan nie. Want ons eie mankolieke hanswors – wat ook kerndrome het, al is dit om groot uit die Russiese kernaanlegte te sluk – is besig om ons land eiehandig te vernietig lank voor-dat Trump en Kim
in mekaar se hare is. Hy stook die rasse-vuur, speel groepe teen mekaar af, gooi grond in die prentjie en siedaar, ons is skielik op ’n baie, baie gevaarlike plek.

Kyk net hoeveel boere en hul egge-note en werkers word van die begin van die jaar aangeval, gemartel en vermoor. Toevallig?

In elk geval rep die sogenaamde leier nie ’n woord hieroor nie.

Dink net wat gaan gebeur as die ANC die verkiesing in 2019 verloor . . .

Gooi die buskruit van misdaad plaaslik, terrorisme internasionaal, die stryd tussen ryk en arm, hongersnood in verskeie Afrikalande en brandpunte soos Sirië, Irak en Noord-
Korea in die koeëldop en ons sit reeds met ’n sluimerende wêreldkrisis wat enige tyd gaan ontplof.

Met ’n kernplofkop (of kernstortkop) of  nie, is ons baie naby aan die begin van die einde.

Met ’n kernplofkop (of kernstortkop) of nie, is ons baie naby aan die begin van die einde.

Dit is terwyl dié brose, klein planeet reeds weggeskroei word weens aardverhitting.

Riviere droog binne dae op, dier- en plant-spesies verdwyn en kosverbouing gaan baie moeilik word. Die seelewe word vernietig en vergiftig.

Nasa se reeks foto’s van hoe die aarde die laaste dekades dramaties verander het, wys hoe die mens as monsterwese besig is om alle lewe te bedreig.

Ons het ’n bewind deur ekoloë en omgewings-kundiges nodig, nie magsugtige politici nie. Denkers en goeddoeners, nie praters nie. Fun-damentalisme, op watter terrein ook al, is die sneller vir dié massasmoord.

As ons saamtrek of alleen is dié naweek, bid, hoop, glo en wérk vir redelikheid, respek vir mens en dier. Dink ’n slag self. Jy kan die energie van ’n kernbom ontsluit wat nodig is om ons land én die wêreld te red.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.