30 Mei 11:24
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Menings
Woordjies vir jou verruklike skattebol

poenankies b.nw. (geselstaal, veral ten opsigte van kinders) Wat oulik of mooi is: B., jy moet meermale glimlag, want jy lyk te poenankies met jou dimpels (Son). – Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A – SKOOI). Hoofredakteur: W.F. Botha.


Borg ’n Woord is een van die projekte wat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bedink het om die drastiese vermindering in staatsubsidies te omseil. Dit dra daartoe by dat die grootste projek in belang van Afrikaans kan voortgaan: naamlik die weerspieëling van die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang.

Jy kan enige Afrikaanse woord borg vir R100 of koop vir R5 000, dan ontvang jy ? sertifikaat en gratis toegang tot die Aanlyn WAT. As iemand ’n woord gekoop het, mag niemand anders daardie woord borg of koop nie.

Borg ’n woord het Afrikaanssprekendes bewus gemaak van die waarde van ’n woord en ook van die rykdom en verskeidenheid van die Afrikaanse woordeskat. Mense borg of koop woorde omdat dit ’n besonder persoonlike bevrediging gee: Dit is jou woord.

Nicoline Landman koop “verruklik” vanuit ’n koue Damaskus in Sirië, een van die oudste lewende stede in die wêreld: “Ek het jare terug toevallig in ’n restaurant gehoor hoe ’n baie bejaarde man vir sy vrou sê: ‘Jy lyk verruklik, my vrou.’ Dit het my so beïndruk dat dit onmiddellik my gunstelingwoord geword het.”

Bram van Niekerk koop “droomvrou” vir sy vrou vir haar 50ste verjaardag, Prontuit van kykNET koop “prontuit” en die restaurant Knus Karoo Kombuis in die Paarl borg “knus”. Gini Keyser borg “strooimeisie” twee keer en stuur die twee sertifikate aan twee vriendinne om hulle te vra om op 8 April 2017 haar strooimeisies te wees. Hulle was totaal aangedaan in hul gewilligheid.

Die skrywer, avonturier en dosent Johan Bakkes borg “karnallie” en “karnuffel” vir sy vrou, Nanna, “pantoffel” vir sy seun, Mark, “spookasem” vir sy dogter, Cara, “kabouter” vir sy skoonseun, Gallie, en “pallieter” (lewensgenieter) vir homself.

Joan Hambidge borg “goegeloer” en “vuisboek”, die skrywer Wilna Adriaanse koop “bobbelsee”, dr. Chris Stals koop “markekonomie”, en die skrywer Riette Rust borg “emoji” vir Coenie de Villiers, die vorige beskermheer van Borg ’n Woord. ­

Deon Meyer koop “nugter” (vir Bennie Griessel) en “spanning”, die sakeman Jannie Mouton koop “entrepreneur”, Hermann en Anette Giliomee koop “wispelturig”, “snotklap”, “pantoffel”, “skattebol” en “kolwyntjie” vir hul vyf kleinkinders. Die skrywer Anzil Kulsen borg “tirk” (’n woord wat in Upington en omgewing vir ’n padda gebruik word) en “poenankies”.

Heidi Morgan van Engeland borg “skaamreëntjie”. “Dit is vir my ’n aangrypende woord en een van die min in verkleinvorm wat so kordaat en alleen kan staan sonder ander woorde. Dit is ook die skepping van ’n joernalis wie se skryfwerk ek bewonder. Charles Smith het die woord gebruik in sy artikel ‘As ’n moord ook op jou plaas gebeur’.”
) Gaan na www.wat.co.za en lees hoe jy ? ’n woord kan borg of koop en R25 000 van Sanlam kan wen. Die sluitingsdatum is 17 Maart. As jy R20 000 skenk, geld die belastingvoordele van ?’n skenking.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.