30 April 18:36
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Menings
Zille, die Guptas en kolonialisme
Barnard Beukman

Soos vir die meeste politici het dit toe ook skielik vir Helen Zille gekom: die dag toe haar rakleeftyd verby is.

Sy is verantwoordelik vir een van die skouspelagtigste tydperke waarin ’n politieke teenstander (lees die ANC) half bewusteloos teen die toue hang, maar dan kom sy self uit die bloute en teken ’n eie doel teen haar party aan. Haar algehele gebrek aan politieke tydsberekening en aanvoeling vir die week waarin die ANC nog die meeste in ons howe gebloei het, is verstommend. Moontlik is dit die isolasie van die knusse Leeuwenhof waaruit sy gaande geraak het oor ’n besigheidsklasvlugbesoek aan Singapoer (of vlieg premiers eerste klas?) wat haar laat dink het sy gaan (al weer) op Twitter punte aanteken.

Hoe misplaas haar hoek op die kwessie is wat sy opper, hoeveel verdeeldheid sy veroorsaak en hoeveel skade sy die DA en Mmusi Maimane, sy leier, berokken het, snap sy ook nie, blyk uit haar stompsinnige artikel van 3 000 woorde vir Daily ­Maverick waaroor Beeld Dinsdag berig het.

Baie wit Suid-Afrikaners het frustrasies omdat hul bydrae tot die opbou van die land misken word. En boonop is hul kundigheid in die politieke kaping van regstellende aksie eenkant toe geskuif met ’n regstreekse uitwerking op die ineenstorting van dienslewering, om net een gevolg te noem.

Besware daaroor word gereeld onder ’n kleed van ’n verstikkende politieke korrektheid as rassisme afgemaak. Die ontevredenheid daaroor is legitiem. En die debat daaroor word ook reguit in Beeld gevoer. Maar om dit te verwar en in te sleep by begrippe soos kolonialisme – wat uiters kwetsend is vir veral swart mense – is ’n mistasting.

In Afrika was die Boere die baanbrekers van die antikolonialisme.

“In Afrika was die Boere die baanbrekers van die antikolonialisme. Hulle het die antikolonialistiese eeu geopen met hul vryheidstryd teen die Britse kolonialisme,” skryf Petrus ­Cillié en P.A. Joubert in hul boek Baanbrekers vir vryheid: Gedagtes oor Afrikaners se rol in Suid-Afrika.

Hermann Giliomee voeg in sy boek Die Afrikaners: ’n Biografie bydat hulle in “die twintigste eeu se eerste antikoloniale oorlog” die ervaring van wrede konsentrasiekampe gehad het.

Ook op verskeie Afrikaanse organisasies, burgerlike bewegings en kultuurgroepe se webwerwe is talle toesprake en geskrifte waar kolonialisme die slegte is wat deur Afrikaners beveg is. Die skielike prokolonialistiese geluide wat nou tot steun van Zille gemaak word, wys net dat sy benewens verdeeldheid ook groot verwarring met haar gebruik van die begrip gesaai het.

Dit is sy wat besluit het die DA gaan nie meer net minderheidsbelange verteenwoordig nie. Sy het die DA aangepas om in eenheid met swart ondersteuners die ANC se magsgreep aan te val. Juis daarom kan daar nie so ’n blatante doofheid wees vir die kwetsende klank van ’n woord wat vir talle wrede onderdrukking beteken nie.

En wat anders het in die konsentrasiekampe gebeur? Kolonialisme behoort swart en wit Suid-Afrikaners te verenig in hul teenkanting daarteen.

Die Guptas se peperduur beeldpoetsers in Londen wat volgens onlangse onthullings pres. Jacob Zuma se beeld weer moet herstel, het sekerlik die sjampanjeproppe laat skiet oor die ­Zille-meevaller. Deel van hul strategie is juis rasseverdeeldheid, word berig.

In drie metropole het Maimane, met groot wit steun, ’n suksesvolle aanslag teen ANC-oorheersing gelei.

Is Zille se Twitter-ego werklik die moeite werd om dit alles vir 2019 se verkiesing in die gedrang te bring?

Sy moet haar liewer van verdere politieke uitsprake weerhou en op haar premierskap fokus. Of loop.

*Beukman is redakteur van Beeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.