26 Junie 21:06
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Zuma voor op protestelbord

Maandag was dit 24 jaar gelede sedert die sluipmoord op Chris Hani. Dié dag is amptelik herdenk in Boksburg, waar Hani deur die koeëls van die regse Poolse sluipskutter Janusz Walus neergevel is.

Pres. Jacob Zuma was onder die sprekers, en hy het dit gebruik om verdere voorbrand te maak vir sy standpunt oor “radikale ekonomiese transformasie”. Sy boodskap is baie goed ontvang deur ’n waarderende, meestal ANC, gehoor.

Min melding is gemaak van die krisis waarin hy Suid-Afrika gedompel het. Hy het wel genoem dat hy vroeër die oggend met die nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba, en die president van die Reserwe Bank, Lesetja Kganyago, ontmoet het om te praat oor hoe die land moet reageer op die dubbele afgradering van Suid-Afrikaanse skuld deur internasionale graderingsagentskappe. Hy het geen besonderhede genoem nie.

Deur klem te lê op “radikale ekonomiese transformasie” – wat dit ook al beteken – is ’n opsigtelike manier vir Zuma om die aandag van sy eie aandadigheid aan die krisis te deflekteer.

Die dag van Hani se moord was seminaal een in die aanloop tot die geboorte van die nuwe Suid-Afrika.

Dit het so byna ontspoor. Oudpres. Nelson Mandela het op dié dag die land van ’n gewisse burgeroorlog gered. Oudpres. FW de Klerk het min ander keuses gehad as om Mandela toe te laat om daardie aand die nasie op nasionale TV toe te spreek. Dit was ’n wyse en versiende stap.

Mandela het kalm en beredeneerd ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie toe te gee aan die versoeking om mekaar in die strate te takel uit vergelding vir Hani se moord nie.

Dit was ’n grootse oomblik, ’n verskuiwing van die magsewewig van De Klerk na Mandela, van die ou Nasionale Party na die ANC. Die mense het geluister en nie toegelaat dat emosie die oorhand kry nie.

“Nou is die tyd,” het Mandela gesê, “vir alle Suid-Afrikaners om saam te staan teen diegene wat, uit enige oord, wens om dit waarvoor Chris Hani sy lewe opgeoffer het, te vernietig.

Sy kalm, dog ferm leierskap het die land van ’n katastrofe gered.

“Ons besluite en aksies sal bepaal of ons pyn, hartseer en woede ons gaan dryf om vorentoe te beweeg na die enigste blywende oplossing vir ons land – ’n verkose regering van die mense, deur die mense, vir die mense.”

Mandela se kort TV-toespraak word steeds beskou as een van die belangrikste wat hy gelewer het. Sy kalm, dog ferm leierskap het die land van ’n katastrofe gered.

Terwyl ek Maandagoggend die TV-uitsending van die gedenkdiens vir Hani gevolg het, het ek gedink aan Mandela en sy uitsonderlike leierskap, al te bewus van hoe ver ons huidige leier in hierdie verband te kort skiet. Zuma floreer op die klakkelose verering van hom, soos wat die gehoor gedoen het.

Wees gewaarsku: Zuma gaan nêrens vinnig heen nie – die ANC het laer om hom getrek. Dit ná ’n week van ongekende nasionale protes. Al die hoop wat daar was dat die ANC uiteindelik tot inkeer gekom het oor Zuma, het soos mis voor die son verdwyn.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het van sy aanvanklike kritiek teruggekrabbel en gesê diegene in die ANC wat openlik teen Zuma uitpraat, is verkeerd. Hy het homself hierby ingesluit.

Daar is baie ander stemme in die ANC wat teen Zuma opgaan. Moet egter nie van hulle verwag om iets teen hom te doen nie.

Wat die protes teen hom betref, lees die telbord: Zuma 1; Die nasie 0. Presies hoe hy daarvan hou.

  • Henry Jeffreys is ’n onafhanklike kommentator. Hy kan by @bokj op Twitter gevolg word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.