25 Maart 11:42
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

My Stem
Dom om kolonialisme te verdedig

Helen Zille, ’n vrou wat ek re­spekteer, se ondeurdagte twiets het die potensiaal om die DA te skeur en ek stem saam met dr. Piet Croucamp dat die party in ’n “verskriklike” hoek gedryf is (18.03).

Daarmee vervaag die DA se 2019-droom om die land te regeer.

Vryheid van spraak is een van die hoekstene van die demokrasie, maar in ’n multikulturele land moet daardie vryheid omsigtig gehanteer word en dit beteken nie politieke korrektheid nie.

Die DA se beleid oor die gebruik van sosiale media verbied in elk geval die gebruik van materiaal wat aanstootlik of lasterlik is en daarom is ’n tugverhoor Zille se voorland.

“Onvoorwaardelike verskonings” gaan nie help nie. Kyk maar wat het met Dianne Kohler Barnard gebeur ná haar ondeurdagte uitlatings.

Zille het die groot rol wat sy gespeel het om die DA tot volle wasdom te lei met ’n paar twiets vernietig.

Alle pogings om kolonialisme en apartheid in Suid-Afrika te vergoeilik is dom.

Diegene wat kolonialisme goedpraat, moet herinner word aan die geskiedenis toe groot moondhede op Afrika toegesak het, kolonies gestig het, hul aan growwe menseregteskendings soos slawehandel skuldig gemaak het, die lande gestroop het van hul grondstowwe en dies meer. En dat Boerekrygers (Afrikaners) Brittanje, die mag-
tigste koloniale en militêre moondheid, in oorloë gepak het, te wete die Eerste Anglo-Boereoorlog in 1881 en weer in die Tweede Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902. Laasgenoemde het met enorme lewensverlies in Afrikanergeledere gepaard gegaan.

’n Mens hoor steeds die gerasionaliseerde redenasie dat apartheid ’n eerlike poging was om swart mense op te hef tot selfbeskikking. Dit was selfverskansing en ’n verfynde stelsel van rassisme, punt, en daarom sal die slagoffers van die stelsel se mensonterende wetgewing nie vergeet nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.