Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
My Stem
Kies beste Cheetahs vir Curriebeker-wedstryde

Ek is nie meer ’n kind nie. Ek is gebore in Tzaneen, in die hart van die Noord-Transvaal.

My pa was ’n Vrystater, Riemlander, Frankforter, in die dae van Benedictus Kok, hy was by Grey en Wilgerivier.

Ek was ’n Vishuis-man, in die dae toe die Bester-broers, Helgard Muller en André Joubert van Reitz-kamerwonings vir die Vrystaat rugby gespeel het.

Ek het rugby nog in die ou hoenderhok-stadion met sy planksitplekke in Bloemfontein gaan kyk. Ek was daar toe Jannie Els vir Naas laat slaap het.

Die grootste deel van my lewe was ek in Tzaneen. In later jare moes ek maar baie aanmerkings, vernedering en bespotting verdra omdat ek nie ’n Bul-ondersteuner is nie.

Maar ek dit altyd verduur, want die States het met tussenposes (OVS – Ons Verras Soms) vir my die geleentheid gebied om vir hulle, die Bulle, te lag as ons hulle klop of die Curriebeker wen.

Die rede vir my brief is dit. En baie van my mede-Vrystaat-ondersteuners voel ook so. Vir ons is die Curriebeker die trofee wat tel, nie SuperRugby nie.

Maar noudat ons by SuperRugby uitgewerk is, gaan aanvaar Vrystaat Rugby die krummels wat van die noordelike reeks gegooi word. Hulle sien advertensiegeld, borgskappe en televisiegeld.

Laat ek julle nou vertel, al daardie goed gaan verdwyn, want as julle nie mense in die stadion het nie, gaan julle nie lank deel wees van daai kompetisie (Pro14) nie.

Julle beter baie vinnig jul beste span vir die Curriebeker-reeks gebruik en die tweede span Europa toe stuur.

Ons Vrystaat-ondersteuners wil die Curriebeker hê. Dis al.

Ná al die jare se deernis en pyn en vreugde met Vrystaat-rugby, is ek nou ook klaar daarmee. Nie net verloor julle my nie, vele ander het reeds gewyk.

Maar ek gaan nie na ’n ander span toe nie. Ek is klaar met Suid-Afrika se rugby. Tot siens, Vrystaat. Tot siens, Bokke.

Meer oor:  My Stem. Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.