21 Augustus 08:34
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

My Stem
Kry ook buitelandse studente hulp?

Ek wonder al geruime tyd oor die toi-toiery by universiteite en die posisie van buitelanders wat hier op universiteit is.

Word hierdie buitelandse studente ook nou bevoordeel deur die feit dat lenings aan behoeftige studente gegee word, of is dit net Suid-Afrikaanse studente wat met dié beurse en lenings gehelp word?

Dit sal nogal interessant wees om te weet hoeveel buitelandse studente hier op universiteit is en of hulle ook deelgeneem het aan die geweld en stakings op kampusse. Hoeveel van hulle bly op die universiteitsterrein hoewel hulle nie burgers van die land is nie, en hoeveel van hulle betaal vir hul studie?

As die antwoord op alles “ja” is, maak dit mos vir ons studente die lewe moeiliker.

Ek vermoed dat ook buitelanders voordeel trek uit onderrig wat deur belastingbetaler gesubsidieer word. Hoekom kan hul lande van herkoms nie vir hul universiteitsgelde pa staan nie?

Daar is baie jong Suid-Afrikaners wat wil studeer, maar dit nie kan bekostig nie omdat hul ouers tans die benadeeldes is. Hulle bly dan maar liewer tuis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.