25 Maart 11:50
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

My Stem
Kyk liewer nou vorentoe

Dit is nou eenmaal ’n feit dat Niks in die lewe het net positiewe of negatiewe gevolge nie. Dit kom dalk op kort termyn so voor, maar op lang termyn kan dit objektiewer beoordeel word, wat ander insigte bring. Enige gebeurtenis is ’n produk van daardie tyd waarin verwysingsraamwerke soms drasties verskil het van die huidige. Dit is ook my oortuiging dat alles gebeur soos dit moes. Al was daar ook ‘n alternatief sou dié onder dieselfde positiewe en negatiewe invloede as enigiets anders blootgestel gewees het. Die Anglo-Boereoorlog was een so ’n voorbeeld. Die verslane Afrikanernasie, konsentrasiekampe ten spyt, het uit die stof en vernedering opgestaan en geleidelik sy bydrae ten volle en selfs meer, gemaak.

Dit is teen dié agtergrond dat die huidige bohaai oor Helen Zille se opmerking op sosiale media beoordeel moet word. Hoe op aarde kon haar verwysing na kolonialisme sulke negatiewe kritiek ontlok?

Die antwoord is natuurlik dat sy die huidige grens van politieke korrektheid oorgesteek het het. Niks uit die “wit” verlede was goed nie. Daar is geen manier dat kolonialisme net negatiewe gevolge gehad het nie, inteendeel!

Ons kan gerus die huidige tendens om negatiewe aspekte uit die verlede te gebruik om mekaar te probeer verneder agterweë laat. Die verlede is verby en geen bohaai gaan enige effek hê nie.

Laat ons liewer die lesse van die verlede gebruik om ’n gesamentlike beter toekoms te bou. Daarsonder kom ons nêrens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.