17 Januarie 08:46
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

25°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

24°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Donderdag

21°C / 17°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Vrydag

21°C / 17°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Saterdag

23°C / 17°C

Wind 38km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Sondag

23°C / 18°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

My Stem
Lugdiens se terugbetalings dáárom vertraag

Ek wag al meer as twee weke vir ’n beloofde terugbetaling van ons reisgeld deur Fly Blue ­Crane nadat dié klein lugdiens vier maande nadat ek kaartjies vir vlugte na en van Kaapstad gekoop het, die vlugte afgelas het.

’n Paar dae voor ons vertrekdatum: net ’n telefoniese sorry, geen verduideliking nie, maar die belofte dat die reisgeld binne 48 uur terugbetaal sal word. Maar my bankstaat wys dit nie.

’n Mens wonder of lugdienste nie te maklik sogenaamde goedkoop vlugte adverteer en dit dan summier afstel om passasiers se reisgeld in te palm sonder dat ’n diens gelewer is nie.
Cilliers Jordaan van Fly Blue Crane reageer soos volg:
Ons is bewus van die agterstallige terugbetalings aan passasiers wat kaartjies bespreek het op ons vlugte wat later deur ons gekanselleer is.

Daar was in die feestyd verskeie vertragings in die banksiklusse, en dit het ’n negatiewe impak op ons terugbetalingsproses gehad. Daarna het ons interne stelsel verdere vertragings veroorsaak, maar ons is besig om dit op te los en hoop dat die terugbetalingsproses binnekort op datum sal wees.

Ek het opgevolg, en mnr. Venter se terugbetaling is op 9 Januarie geprosesseer. Ons vra verskoning vir die ongerief.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.