24 April 15:25
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

18°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

My Stem
Nuwe padreëls gaan nie werk nie

Ek wonder maar net oor hierdie nuwe padreëls wat nou oorweeg word.

Tans word ’n persoon eenmaal in sy leeftyd getoets vir ’n rybewys. Met die nuwe plan sal iemand wat wil bestuur tot hy 80 is, 13 keer getoets moet word.

Word daar voorsiening gemaak om die toetssentra se vermoë meer as tienvoudig te vergroot?

Die plan dat swaar voertuie nie in spitstye op openbare paaie mag ry nie, is ook laf. ’n Afgeleë pad tussen niks en nêrens is ook ’n openbare pad. Wanneer het daardie pad spitstyd? Moet ’n vragmotor regtig daar ook aftrek?

Kom ons wees prakties: Iets moet gedoen word om die getal ongelukke op ons paaie te verminder, maar hierdie nuwe padreëls is beslis nie die regte plan nie.

Pas net die bestaande wette toe – ook op minibustaxi’s.

Daarby, as jy bestuurders wil hertoets, doen dit eers van ’n sekere ouderdom af, soos mense ouer as 70 jaar, of as die persoon sedertdien in ’n ongeluk was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.