Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
My Stem
Ons is almal op die ou end koloniste

Ek is verstom oor die reaksie op Helen Zille se waarheid dat alles van kolonialisme nie sleg was nie.

Die beledigings en dreigemente om haar uit te skop en op te hang, is blatante rassisme teenoor wit mense wat die nasate van die wit koloniste is.

Waar kom ons swart broers en susters dan vandaan? Is ons swart mense en wit mense ons swartes en wittesdan nie geskiedkundig maar almal koloniste nie? Jan van Riebeeck het eeue gelede die eerste wit koloniste gebring. My stamvader Willem Schalkzoon van der Merwe het saam met Van Riebeeck gekom en met Elsje Cloete getrou. Ek is dus ’n trotse afstammeling van wit koloniste en elke verkeerde woord oor wit kolonialisasie beledig my.

Die swart mense het eeue gelede vanuit die sentrale gebiede van Afrika na die suide gemigreer: Die Nguni’s langs die ooskus af en die Sotho’s meer binneland in en hulle daar as koloniste gevestig, net soos die wit mense. Almal koloniste.

Wat dus van wit kolonialisasie gesê word, geld net soveel vir swart kolonialisasie. Wat met Zille gebeur, is dat die pot die ketel arrogant swart noem.

Daar is wel ’n groot verskil oor wat wit en swart koloniste bereik het en waarvoor swart mense baie dankie moet sê.

Swart gebiede was voor wit kolonialisering grootliks onderontwikkeld. Waar was hul onderwysstelsel, kolleges, universiteite, hospitale, klinieke, banke, fabrieke en – die belangrikste – watter vorm van ekonomie het hulle op die been kon bring? Byna niks behalwe ’n armsalige bestaansekonomie.

Daardie situasie duur vandag nog voort met enorme werkloosheid en armoede sodat 17 miljoen mense toelae van die staat kry om aan die lewe te bly. Ek word gesê dat minstens 15 miljoen van hulle swart is. As elke ontvanger slegs een afhanklike onderhou, beteken dit dat die staat byna twee derdes van die swart bevolking aan die lewe hou met toelae. En dit nadat swart mense nou byna ’n kwarteeu lank die hele land regeer. Kom net nie die mas op nie.

Die ontwikkeling wat gekom het, het hoofsaaklik met die wit mense se koms gekom. Katolieke en sendelinge het skole en kerke gebring; werkgeleenthede is in wit gebiede vir werklose swart mense geskep; behuising is voorsien; ’n onderwysstelsel is vir swart mense geskep; infrastruktuur is in swart gebiede opgerig en so kan ek aanhou.

Dus: Julle blatante rassiste, sê eerder dankie vir wit koloniste. en die koms van blankes.

Daar word nou ook luid verkondig dat wit mense die land gesteel het. Dis ook 100% snert. Het die swart migrante dan nie ook die gebiede wat hulle beset het, gesteel nie? Daar is geen bewyse van grondaankope tydens hul suidwaartse migrasie nie. Aankope van grond soos, Piet Retief by Dingaan, bestaan nie by hulle . Nee, hulle het dit net gevat.

Wat, byvoorbeeld, sou president Jacob Zuma se antwoord wees oor die grond wat Piet Retief by koning Dingaan gekoop het? Het Retief dit gesteel, JZ? Jy is ‘n Zoeloe en weet van beter.

Watter swart mense het in die Wes-Kaap gewoon by die aankoms van wit koloniste? Niemand nie, slegs swart slawe wat Van Riebeeck ingevoer het. Dis ’n geskiedkundige feit dat die eerste kontak met swart volke eers teen die tweede helfte van die 1700’s in die omgewing van die huidige Oos-Londen plaasgevind het. Wit mense kon nie die Wes-Kaap van swart mense gesteel het nie.

Die pynlike is dat wit mense nou bang geword het om die waarheid te praat. Pasop tog, mense, dis baie sensitief! Bly liewer stil. Nee, Helen, ons moenie stilbly nie. Ek staan by jou, al het jy in jou jong dae ’n Black Sash-rokkie gedra. Ek vind dit ook pynlik dat die wit mense in die DA te bang is om die waarheid te praat. Al wat in die DA gebeur, is rammetjie-uitnek Maimane wat jou wil ophang.

Dis tyd dat wit mense skuldgevoelens afskud en hul koloniale verlede sonder vrees met die waarheid beskerm. Laat ons nie bang wees vir “sensitiwiteite” nie. Laat ons die liegbekke openlik teregwys. Ek lag juis ook vir die DA se Phumzile van Damme, wat gif spoeg oor kolonialisasie. Waarom dra sy dan ’n koloniale van?

Laastens ’n nagereggie. Iets oor JZ wat notice werk. Apartheid was mos nét sleg sing hy ook vandag lustig in daardie koor. Maar kyk wat onse JZ self voorheen gesê het voordat sy geheue hom in die steek gelaat het – seker die senuwees wat pla oor die notice werk. Kyk na Beeld se plakkaat.

Onthou jy, JZ?

Meer oor:  Lesersbrief  |  Kolonialisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.