24 April 15:26
Kaapstad Verander Area

Maandag

23°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

My Stem
Parlement wys tekens van hoop
Judith February

Die finansminister, Pravin Gordhan het baie hard probeer om daarop te wys dat die nasionale tesourie se taak is om te verseker dat verkryging ooreenkomstig die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en ander verkrygingsreëls geskied.

Hoe ons derhalwe in hierdie situasie beland het, moet vierkant voor die deur van Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, en haar baas, pres. Jacob Zuma, gelê word.

Hoe ook al, die toerekenbaarheid wat in die openbaar deur Skoor afgedwing is, is van deurslaggewende belang. Hierdie ondersoek was een van ’n rits verhore en vergaderings die afgelope maande waarin die parlement sy oor­sig­rol vervul het. Hierdie rol was in die Zuma-jare sporadies, om dit sagkens te stel. Maar daar is ’n sprankie hoop.

Die onlangse parlementêre ondersoek na die SAUK het die verontagsaming van prosedures deur die openbare uitsaaier en die onbekwaamheid van die raad onthul, asook hoe die minister van kommunikasie, Faith Muthambi, geriefshalwe anderpad gekyk het. In die verslag van die ad hoc-komitee, onder voorsitterskap van die ANC-LP Vincent Smith, word aanbeveel dat Muthambi afgedank word.

Ons het regdeur die SAUK-ondersoek ’n komitee waargeneem wat voorbereid was, indringende vrae gevra en op reguit antwoorde aangedring het. Dit het gelyk of die parlement sy stem ná al hierdie jare teruggevind het.

Wat die Sassa-kwessie betref, het die onlangse verskyning in die parlement van Dlamini baie min opgelewer, en om sout in die wonde te vryf, het sy 20 minute laat opgedaag. Jy wonder waar die parlement was sedert die konstitusionele hof Cash Paymaster Services se kontrak in 2014 ongeldig verklaar het?

Daar was ’n tyd ná die ANC se Polokwane-konferensie in 2007 toe die parlement ’n “Praagse Lente” beleef en LP’s hulself tot groter oorsig verbind het.

Die politieke winde is tans onseker en die ANC in die parlement stuur teenstrydige seine uit.

Dit was onmiddellik ná die Mbeki-jare toe die parlement sy verhouding met die uitvoerende gesag versigtiger benader het. Gedurende die wapentransaksie-ondersoek van 2000 is die parlement se mandaat uitgedaag en het die uitvoerende gesag ’n outokratiese benadering gevolg deur druk op die speaker, Frene Ginwala, uit te oefen om Skoor se magte in te perk. Die “Praagse Lente” was van korte duur en ons parlement, met sy erg gekompromitteerde speaker, die ANC-voorsitter Baleka Mbete, het waarskynlik nog nooit so ’n vertrouenskrisis beleef nie.

In ons kiesstelsel besit die party die setel. ANC-LP’s wil derhalwe eerder partybase behaag as om ministers te bevraagteken wat hul senior in die party mag wees.

Ironies genoeg het Smith sy mede-ANC-LP Andrew Feinstein as voorsitter van die Skoor-studiegroep in die wapentransaksie-ondersoek vervang. Smith het ’n volle omwenteling gemaak as voorsitter van die SAUK-ondersoek en moontlik probeer hy selfs vergoed?

Die politieke winde is tans onseker en die ANC in die parlement stuur teenstrydige seine uit. Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het onlangs ’n meer robuuste oorsigbenadering begin volg. Terwyl Zuma se mag in die aanloop tot ’n bitter ANC-leierskapstryd later vanjaar taan, ontstaan groter moontlikhede om die uitvoerende gesag toerekenbaar te hou.

In hierdie omstandighede is enigiets moontlik en is teenstrydige uitkomste te verwagte terwyl die parlementêre ANC met sy rol stoei en die Zuma-regering ’n toenemende gebrek aan toerekenbaarheid en deursigtigheid openbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.