Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
My Stem
Raadop oor diensjaar se skete

Ek, Andrea Heyneke, het my BCur-verpleegkunde-graad in 2016 aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (die PUK) voltooi.

Ons as verpleegkundigesmoet dus ’n verpligte gemeenskapsjaar by ’n staatsfasiliteit voltooi en die departement van gesondheid is verantwoordelik vir hierdie plasings. Ons het vyf opsies gehad wat ons kon versoekwaar ons vir ons gemeenskapsjaar wil werk, en ons het in Junie 2016 reeds aansoek gedoen. Ons het op 12 Oktober gehoor waar die uitslae gekry van waar ons geplaas is vir werk en ons heten na dié dorpe verhuis waar ons sou werk.

Op 28 November 2016 het ses van ons wat aan die PUK gestudeer het, ’n boodskap gekry wat sêdat ons in die derde ronde weer moet aansoek doen vir werk omdat die departement vergeet het om eers die beurshouers te plaas. in hulle spesifieke provinsies.

Ons ses het nie staatsbeurse gehad tydens ons studiesnie. en ons ouers moes ons studies self betaal.Ons het toe weer vroeg in Desember aansoek gedoen en die departement het weekliks belowe dat ons die plasings binne die volgende week sou ontvang. Op 16 Januarie het ek die departement van Gesondheid gebel om te hoor wanneer ons die plasings sal kry, aangesien ons al op 2 Januarie moes begin werk het.

Daar is vir my gesê hulle kan my nie help as ek nie ’n beurshouer is nie, en hulle weet ook nie waar nog poste beskikbaar is vir onsnie.

Volgens die departement is daar nog 266 verpleegkundiges (waarskynlik ook niebeurshouers) wat nog nie geplaas is vir gemeenskapsdiens nie, en hulle is ook nie seker of daar poste of geld gaan wees vir ons nie. Daar is ook vir ons gesê ons sal geen keuse meer hê oor waar ons geplaas word nie.

Ons het nie staatsbeurse gehad nie, dus het die departement nie vir ons studies betaal nie, so ons skuld hulle niks, daarom moet hulle ons plaas waar ons graag wil wees.

Ons het almal ook reeds verhuis na die dorpe waar ons eerste geplaas sou word, en om dít te verander is onregverdig.

Ons kan ook nie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) geregistreer word nie omdat ons nog nie begin het met die gemeenskapsjaar nie.

Dit is belaglik om ’n graad in verpleegkunde te hê en steeds werkloos te wees. Ons kan ook nie by enige kliniek of hospitaal aansoek doen of werknie omdat ons nog nie die verpligte gemeenskapsjaar voltooi het nie.

Ons sit nou al drie maande sonder antwoorde, werk of salarisse. Ons het al almal geskakel wat ons moontlik kon. Ons hoop dat iemand ons sal kan help. om werking te maak van hierdie groot probleem.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.