25 Maart 11:51
Kaapstad Verander Area

Saterdag

21°C / 14°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

My Stem
Suiwer evangelie belangriker as suiwer taal

Ek woon in Warmbad en lees gereeld Beeld. Ek woon egter deesdae so ses maande van die jaar in Hartenbos en kry dus Die Burger gereeld.

Dis interessant om te sien dat daar so ’n groot verskil is, veral as na die trant van die twee koerante se lesersbriewe gekyk word.

Ek kry die idee dat Kapenaars nie in die inhoud van ’n skrywe of selfs ’n preek belangstel nie, maar bloot of dit korrekte Afrikaans bevat en grammatikaal korrek is.

Ek glo ons is almal lief vir Afrikaans, en ek het self ’n renons in sommige sangers se taalgebruik. Maar soms sukkel ek om te verstaan wat briefskrywers probeer sê weens hul hogere en suiwer taal.

Solank die prediker suiwer evangelie bedien wat deur almal verstaan word, glo ek dit is vir God belangrik en aanneemlik. En dit is tog seker al wat saak maak. Of verstaan ek alles verkeerd?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.