22 Februarie 23:56
Kaapstad Verander Area

Donderdag

26°C / 18°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Saterdag

20°C / 17°C

Wind 48km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Sondag

23°C / 15°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Maandag

25°C / 16°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Dinsdag

23°C / 18°C

Wind 32km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

My Stem
Zuma laat ANC, land misluk

Die nuutste plan van pres. Jacob Zuma en die versplinterde ANC om te “hervorm” moet noukeurig bekyk en die versteekte agenda en planne om mag te behou geïdentifiseer word.

Hierdie nuwe plan is aan hulle opgedwing weens hul swak vertoning in die laaste munisipale verkiesing en die welbekende feit dat hulle orals steun verloor deur hul korrupte optredes en swak dienslewering.

Die “Zuma-jare” was ’n totale mislukking.

Hy was ’n verleentheid, ongeskik vir die rol en ’n man wat sy mag misbruik het vir selfverryking en bedrog.

Die ANC se magsmanne het niks gedoen om dit te keer nie. Nou gaan hulle almal skielik van rigting verander?

Hoekom het Zuma nie die waardes getoon wat hy nou die vermetelheid het om te noem nie?

Mense moet verstaan dat hierdie klomp nou desperaat is om hul poste te behou en enige leë beloftes en skaamtelose leuens aanvaarbaar is om die oningeligte kiesers te paai.

Hulle het totaal misluk en sal so aangaan tot ons land se vernietiging.
Izak Bergh, Marchand
’n Uitstekende resep vir korrupsie en wanbestuur is ’n eenpartystaat met ’n diktator aan die hoof, of as een party oorweldigend sterker as die ander is, soos die ANC tot onlangs toe was. Voeg daarby onbevoegde, arrogante leiers sonder verantwoordbaarheid en integriteit en ’n katastrofe is onafwendbaar.

Zuma het natuurlik die verval verhaas met die aanstel van lojale, dikwels onbevoegde ondersteuners in die kabinet, strategiese staatsdepartemente, asook semistaatsinstansies soos Eskom.

Sy skemas het die land miljarde gekos, die ANC laat verbrokkel en ’n kultuur van korrupsie gevestig.

Die openbare sektore is wanfunksioneel en ’n broeines van bedrog en korrupsie. Die land word gesien as ’n gevaarlike plek en nie beleggingsvriendelik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.