25 April 18:28
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Nathan Trantaal
Nathan Trantraal: Ek try rêrag om anne mense se tastes te respek

Asse prostitute veby my stap en haa rokkie oplig, asse mert langs my kop asem haal, en vra of ekke hit wil slaan, asse boef langsie pad ’n paa gesteelde Ray-Bans an my wil vekoep, wiet ek hoe om nuu dankie te sê.

As ekkie interested issie maak ekkie ees my mond oep’ie, ek sê los my af met my oë. Dai’s hoe fluent ek is innie art van nuu sê. Nou hoekom, sê vi my, wiet ekkie hoe om nuu te sê as mense my boeke gie om te lies ’ie? Ek het al baie goeie verhoudings geëinde met mense oo boeke. Oo bad boeke.

Oo jy gie my ’n boek om te lies, en ek sê dankie, en ek dink by myself ôs kan nou nooit wee mekaa sien’ie, wan elke derde kee wat jy my gan sien gan jy my vra of ek dai boek gelies ’et al.

En dan gan ek eendag ja sê, en dan gan ek sê ek het ’it baie geniet en desperately moet scramble om te onthou wat ek op
Wikipedia gelies ’et dan gan os oo dai boek praat wat ek nog nooit gelies ’et ’ie en wat ek nooit gan lies ’ie, en wat ek
aireste myself sal opsny in klein stukkies voo ekkit sal lies, en dan gan ek moet lyste hoe jy praat oo dai boek, en heeltyd wonne hoekom kan ekkie meer soes jou wiessie, hoekom kan ekkie die slegste boek innie wêreld opvriet soes Cordon blue cooking ’ie?

Ek wiet eintlik presies hoekom ’ie, wan ek het hoë standards, en ek kannie zany boeke stand, waa die storie vetel wôd yt die perspective vanne toilet seat ’ie, en ek kannie boeke stand wat soe hopelessly middle class is dat jy bly is die mense skiet byte jou hys tewyl jy lies ’ie, annes might jy heeltemal touch veloo met reality.

Maa it remain ’n mystery vi my, hoekom ekkie vi mense kan sê hoe baie ek nie hulle boeke wil lies ’ie. Ek het nogal myself ytgemaak as een wie sukke goeie maniere het, ek try somme rêrag om anne mense se tastes te respek. Is swaa, it maak dat ek aireste anne mense avoid.

Ek dink wat’it miskien kan wies is dat anne mense nie rêrag wil wiet wat jy dink van wat hulle van hou nie, of is iets soes die, jy kan eenkee met hulle disagree maa dan moet jy na dai wee eenkee met hulle agree. Dai’s hoe give and take wek, dai is eintlik hoe friendships wêk. Ek dink my attempts at niceness is biesag om my agte af te maak, wan ek sê vi niemand mee wat ek dink oo ienagge iets’ie.

Ek het al, innie past, vi mense gesê hoe baie ek hulle favourite writers se wêk haat en hoe ek wens ek kan dai writer innie wind skop as ek hom sien, en dan stem hulle saam met my, hulle sal altyd net sê ja, hulle hou van een of twie van sy poems of boeke of whatever, en dan kom jy byrie man se hys dan het hy al dai writer se boeke op sy rak. Ek hou nie boekrakke nie, wan ek kan nooit te lank van een writer hou nie, ek begin altyd na ’n tyd alles sien wat vekeed is mettie writing en dai is oek problematic wan once jy rêrag agree met iemand oo ’n boek en tyd gan veby en jy change jou mind, dan wil mense nie vi jou allow om jou mind te change ie, wan meeste mense dinkie te veel oo iets wat hulle klaa van hou nie.

Issie selfde met vriende, somtyds hou ek van iemand maa dan gan tyd veby en dan hou ekkie mee vannie pesoon nie, maa dan is ôs al klaa vriende, en dan besef ek ôs gan vi iewag nou vriende moet wies, en dan, en ek gan nou honest wies, dan begin ek my vriende doodwens, net omdat ekkie wiet hoe om vi iemand te sê ek wil hê hulle moet weggan en my aflos ’ie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.