21 Februarie 16:11
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Piet Matipa
Piet Matipa: 2 ‘vriendinne’ sit in die kroeg...
Ou Jez word net daar ’n rasieleier vir liefde.

Sommige “vriende” is maar baie groot katte in Nederlands.

Dit het ek agtergekom toe my oë verveeld was en hulle met ander se besigheid vermaak het.

’n Mooie Eva sit saam met haar vriendinnetjie en slurp aan hul tiermelk. Evatjie is uitgevat asof sy die offerande in die kerk moet neem. Dié se vriendin het ek sommer Jezebel gedoop.

Jezebel spits haar ore terwyl Eva blinkoog vertel van hoe haar hart tjoklits klop vir ’n Adam. Dié beduie dat sy en die Adam al ’n paar keer tong gestoei het en dat sy hom nie kan vergeet nie.

Jezebel speel haar rol as ondersteunende vriendin goed.

Ou Jez word net daar ’n rasieleier vir liefde. “Ek sê gaan vir hom as hy jou knieë lam maak,” seg Jezzie, die kitssielkundige. Sy is vol plannetjies om Eva by Adam uit te kry.

So sit die twee en gesels dat die biesies bewe, en die tier se speen droog nie op nie.

Skielik kry Eva ’n boodskap dat Adam op pad is na die geselligheid. Eva se hart kraak skoon haar borskas, sy begin ’n geluks­aanval kry en Jezebel moet die kalmeerpil wees.

Evatjie berooi haar lippe en lei haar buuste van suid na noord. “Hoe lyk ek?” wil sy weet. Jezzie: “Jy lyk beaula, vriendin.”

Die tyd gee ’n sprongetjie en Adam sluit aan. Nou, Adam is effens van ’n stukkie lekker, as mens van daardie soort nagereg hou. Hy gaan sit by die dames, koel en kalm. Hy het darem ’n persoonlikheid, al is dit net ’n rapsie. Eva stel hom bekend aan Jezebel, dié groet heel beskeie, hou haar in, beskaafd – wat ek noem die stilte voor die storm.

In dié stadium is hy kaatjie van die baan. Hy dans, hy drink en hy is dinamika vanself. Eva kry steeds skelmpies haar plesier-rukkings, maar probeer haar bes om haar koel te hou.

Jezebel het ’n bietjie ontdooi, maar is nog nie ’n bedreiging nie.

Die maan is vol en Jez besluit, huis toe is haar voorland. Adam, gekettie vir die eerste span, gee ’n toespraak nes ’n ANC-leier wat Jezebel se arm so draai dat sy daarvan hou.

Sy kry haar tweede asem.

Sy dans met Adam, maak geselsies. Eva gaan van hoofspeler na toeskouer, tem haar emosies, glo dat Adam se oë nie sal dwaal nie. Oortuig dat dié net ’n feestyd het.

Net voordat die son moet inteken, besluit Jezebel dat sy nou regtig huis toe gaan. Sy en Adam gesels vinnig, nogal privaat.

Hulle albei loop dan na Eva toe. Adampie neem die leiding, beduie dat Jez-Jez hom gaan huis toe vat. Hy het glo te veel gedrink. Eva, wat duidelik weet wat aangaan, sit ’n glimlag op haar gesig en knik.

Adam gee vir Eva ’n drukgroet. Jezebel volg: “Lekker aand, vriendin.”

Eva kyk hartseer hoe dit wat haar hart vinniger laat klop, saam met haar “vriendin” loop... soos twee Nederlandse katte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.