21 Februarie 16:14
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Piet Matipa
Piet Matipa: O, die rompie is ’n wonderlike ding
Ek moet maar ’n wit leuentjie inglip.

Waarom mag die testosteroondraers nie ook rokke dra wanneer hulle lus voel nie?

Ek is nou nie snaaks nie, maar die sogenaamde lente probeer sy bes om somer te troef en ons manninne kry nie die nodige varsheid met broeke nie. Dit is soos ’n grot, die enigste verskil tussen ’n broek en ’n grot is dat die een darem ’n uitgang het.

Ek het die onderwerp al lig aangeraak, maar ek voel so sterk daaroor ek skel sommer weer.

Nou die broeders wat ’n bietjie macho soggens saam met hul koffie drink, hoef onder geen omstandighede saam met my te stem nie.

Hulle kan aanhou om hul onderlyftronk te dra tot dit wat verdoesel word, verlep is.

Hulle het nog nie die lig gesien en die lug gevoel nie.

Die eerste keer toe ek ’n rokkie aangedurf het, was vir ’n Halloween-partytjie.

Ek is nie ’n getroue aanhanger van dié dag nie, want ek sê nog altyd dit is die Satan se verjaarsdag. Die woord partytjie het my geprikkel en ek het die geleentheid om met klere te eksperimenteer nie deur my vingers laat glip nie.

Die rompie het aan my heupies gedruk en het ’n ent bo my knieë geëindig. Ek het nie geluk geken tot daardie dag nie. Party gee hulle oor aan drank, ander aan dwelms, maar ’n rok is my blydskapsfontein.

’n Fopdosser was ek nie, want my hare en my gesig het myne gebly. Ek wou slegs my skatte spasie gee. Toe ek ontslae raak van my onderlyftjoekie (broek), was dit asof ek die gordyne oopgemaak het om die sonlig in te laat. Agter die gordyne was daar uiteraard ’n kantgordyn (onderbroek) – vryheid binne perke is belangrik.

Op pad na die partytjie toe het die motorverkoeler bygedra tot die genotervaring. Ek het nie soos ’n dame gesit nie. Selfs by die partytjie het ek die wind verwelkom soos ’n gas wat geskenke bring.

So elke keer wanneer daar ’n kostuum-aangeleentheid is, gaan huur ek maar. Die kostuum­winkels leen nie graag vir die testosteroon-eienaars sogenaamde vroueklere nie.

Ek moet maar ’n wit leuentjie inglip en sê: Dit is vir my suster.

Dus wil ek ’n beroep op die mode-kokkedore maak dat hulle mans nie ontneem van die goeie dinge in die lewe nie.

Ontwerp vir ons ’n skirtjie wat ons so nou en dan saam met ons help-my-sterk-lyk-hemde kan dra.

Maak vir ons ’n rokkie wat ons plankfiguur in ag neem vir wanneer ons ’n somerpartytjie moet bywoon – julle weet man, met blokkies in plaas van blommetjies.

Ons winters is ons herfs, ons herfs is ons lente, ons lente is ons somer en ons somer is die hel se ontvangs. Waarom op dees bakoond-aarde kan ons broeke nie ons rokke word nie?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.