30 Mei 11:25
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Piet Matipa
En ek dog nogal ek is beter as skelms
Piet Matipa

Ek is nou ’n dief gedoop.

In klerewinkels dink mense ek werk daar, maar in kruidenierswarewinkels dink hulle ek kom steel.

Ek is weer nou die dag van my boefstatus bewus gemaak – al was dit nie die eerste keer nie. Ek het besluit om myself te bederf met ’n heerlike pastagereg. Ek het ’n onnatuurlike aangetrokkenheid tot pasta.

Dit maak my glimlag op maniere wat sjokolade altyd gedoen het, maar omdat ek nog al my tande wil hê, moes ek afskeid van die soetighede neem. Ek het winkelwaarts gegaan. Maalvleis gaan kry en later in die pastarak gaan rondkrap.

Ek neurie ewe lekker terwyl ek soek. In die hoek van my oog verskyn die winkelwag. Hy patrolleer toe kastig die ry waarby ek koop. Ek gaan aan met my soektog, min gepla. Hy doen maar net sy werk.

Daarna beweeg ek na die sousrak toe. ’n Tamatierigheid saam met maalvleis en pasta is vertroosting vir die siel. En sowaar is mnr. Winkelwag ook daar. Ek merk toe op dat hy so nou en dan vir my kyk.

As ek terugkyk, draai hy spoedig sy gesig weg en maak kastig asof sy oë elders besig is. Daar gaan kry ek toe kaas. Kaas rond mos so ’n maaltyd lekker af. Winkelwag is toe nêrens te vinde nie.

Ek vat ’n blok kaas en daar koekeloer dié vir my van ’n ent af en verdwyn toe ek vir hom kyk. So maak ek ook my weg na die tiermelk-gedeelte van die winkel en hy hou my steeds dop asof hy ’n Big Brother-kamera is.

Ja, ek is maer en lyk seker honger.

Hoekom ek, het ek gewonder.

Toe besef ek die vent dink ek is ’n winkelbooswig. Hy het seker gedink ek gaan iets in my klere druk of laat spaander as hy sy oog geknip het.

Hy is soos ’n spioen vir die winkelintelligensie. Hy het seker ’n boodskap van die hoofkantoor ontvang dat daar gevaar in die winkel was. Dié mnr. Winkelwag was duidelik nie ’n gesoute spioen nie, want niks van wat hy gedoen het, was subtiel nie.

Ek was in die gesig gevat. Ek dra dan nie ’n balaklawa nie. Ek het nog altyd gedink ek lyk baie onskuldig. Ja, ek is maer en lyk seker honger. Ja, ek het kaalvoet in die winkel in gegaan, want skoene is ’n onderdrukker (want dit is onder in jou lyf en dit druk jou voete – onderdrukker).

Ja, my hare was op die dag nie gekam nie en ja, ek het ’n bokbaardjie wat my effens gevaarlik laat lyk. Ek dog my groot bril sou al hierdie uitkanselleer en my onskuldig laat lyk.

Ek het toe na die toonbank toe beweeg, my rooi beursie uit my sak gehaal en betaal. Net daar besef ek wat my probleem was.

Ek moes van die begin af met my mooi rooi beursie in die winkel ingeloop het en hom gerus gestel het dat ek nie ’n bedreiging is nie.

Ek hou my nog al die jare beter as die skelms, net om uit te vind ek is een van hulle.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.