22 Augustus 20:40
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Piet Matipa
Gesoek: Kerk wat lekker soos ’n jean sit
Piet Matipa

Ek was die Paasnaweek kerk toe. ’n Gay kerk.

Ek is al jare dors vir die woord. My siel is skurf van die droogte, want ek het lanklaas ’n druppel kerk in gehad. Dit is goed om die gees gehidreer te hou. Van droogte kom krake en van krake kom verbrokkeling.

Ja, ek praat gereeld met die Here. Lang gesprekke in my woonstel. Ek het hom onlangs gevra om my geduld te gee en weer ’n wag voor my mond aan te stel.

Ek het onbeperkte minute met Hom. Dit raak nie ’n sekere tyd van die maand op nie.

Die kerk is soos universiteit en skool. Jy bemagtig jou siel met die woord. Dis nodig.

Ek het al ’n jare lange stryd met kerksoek. Ek kry nie een wat aan my sit soos ’n goeie paar jeans nie.

Kerke het soos die skoolgrond geword. Onthou jy daai dae. Jy het die sportiewes, passiewes en boekwurms gehad en die lys is so lank soos ’n rebelse skoolseun se hare. Almal was in dieselfde skool, maar het nie saam gekuier nie.

So gaan ek op die web en soek ’n kerk in my omgewing. ’n Lekker een. Ek dink mos die Here is gemaklik, daarom wil ek nie soos ’n gevangene in sy huis voel nie.

Ek kom toe op die gay kerk af.

Dadelik wonder ek, wat beteken dit as ’n kerk gay is. Ek weet wat gay klubs is.

Die Bybel en die Here ook presies dieselfde. Daar was geen gay god nie.

Dit is klubs met ’n klomp orige seuns wat op die jag is vir ander orige seuns – morsige besigheid. Dit is ’n jagveld. Ek weet dat die meeste kuierplekke so is, maar ek voel dies met net mans ’n unieke intensiteit het.

’n Gay kerk kan seker nie soos die klubs wees nie, dink ek by myself. Tel dit as ’n regte kerk?

Dit was 09:20 die Paassondag toe ek so kerk gesoek het. Ek lees toe meer oor die homokerk. Ek sien dit begin 10:00. Ek gooi toe myself in en uit die stort om die diens betyds te maak. Die kerk was nog ’n halfuur se ry weg van my.

Ek het binne die spoedbeperking op die grens van die spoedbeperking bestuur, so dors was ek vir ’n sluk van die woord.

En nuuskierig oor hoe dit gaan wees in die gay huis van die Here.

Ek het opgedaag – klein gemeente. Ek het heel beskeie agter gaan sit.

In die algemeen het dit gelyk soos ander kerke. Die gemeentelede kon netsowel in die NG of AGS of APK Kerk gewees het – ek takseer bloot op die uiterlike. Geen verskil.

Die woord was nie ekstra gay nie. Dit was dieselfde boodskap wat jy in die ander kerke sal kry.

Die Bybel en die Here ook presies dieselfde. Daar was geen gay god nie.

So die punt van die gebabbel is: Ek was weer kerk toe en my siel het ’n druppel van die woord gekry. Ek sal teruggaan na dié kerk en hopelik sit dit soos ’n jean aan my.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.