24 Junie 07:21
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Piet Matipa
Mag die jaar se kwaad uitgewoed wees

Dit is net K.A.K. (Knysna. Afgestorwenes. Kaapstad) waar jy kyk.

2017 het in een maand ’n rillerpas geword. ’n Kakofonie. Wat de fop gaan aan? 

In een week het ’n vuur wat in die hel gekweek is Knysna getref.

 Nie ’n braai-, bak-en-brou- vuur nie. ’n Verniel-, verwoes- en verrinneweervuur.

Kapenaars het meer see gekry as wat hulle voor gevra het en mense sterf soos vlieë. Waar die skielike kwaad vandaan kom, weet g’n dier, plant of mens nie. 

Dis nog net ses maande in die jaar in. As dit só aangaan, onttroon dié jaar verlede jaar. En almal weet wat se groot kartonboks (se sinoniem) 2016 was.

Ek is diep teleurgesteld in die jaar. Nie vlak nie, verdrinkdiep. Ná alles wat hierdie land deur is.

Dit is asof die jare deesdae kompetisie hou om te kyk wie kan die grootste gemors wees.

Verlede jaar was soos die einde van ’n maand voor betaaldag wat vir 365 dae aangehou het. Die smart is soos kondome by ’n universiteit uitgedeel. Net wanneer mens ge-dink het dat die jaar nie nog venyniger kan raak nie, het  dit gewys hoeveel teef in hom steek.

Ja, venynig. Daar is nie ’n ander woord om dit te beskryf nie. 2016 was ’n booswig van ’n jaar en een van daais wat uitspattig lag wanneer dit sleg uitgedeel het met ’n donderbui wat dramatiese byklanke verskaf. 

’n Gewetenlose leeddoener wat net verbrokkeling saai. ’n Sadis. 

Toe die feeks van ’n jaar sterf, het ons almal dankies uitgedeel soos koorsblare by ’n hoërskool. 

Uiteindelik het die goeie triomfeer. Ons het geswem in verligting en gedans in geluk. 2017 het nuwe hoop aangedra.

Ek moet sê dat 2017 my herinner het aan 2015; mens het geen klagtes gehad nie. 

2015 was vir my soos ’n vriendelike tannie wat vir vreemdelinge glimlag in winkelsentrums. Dan word jy forseer om terug te glimlag, want wanneer mens in die openbaar rondloop, dra mens mos die wat-kyk-jy-gesig. 

2017 was weer daai tannie wat net vir jou smaail. 

Jy wonder naderhand of sy jou jammer kry of net vriendelik is. Sy pla niemand nie, shame. 

En toe trap iemand op 2017 se nerf in Junie. Ek bedoel, Junie van alle maande.

Ek sou dink dat 2017 ’n breek sou vat halfpad deur om krag te hê vir die orige ses maande. Dit is mos hoe alles in die lewe werk. Die helfte van die dag is daar mos altyd ’n pouse en ’n lunch. 

Junie is veronderstel om 2017 se lunch te wees. Dit moet vergeet van werk en rus en doen net wat dit wil. Ek bedoel, daar is nog ses ander maande wat wag, nou span 2017 al die energie in die eerste deel van Junie in. 

Ek is diep teleurgesteld in die jaar. Nie vlak nie, verdrinkdiep. Ná alles wat hierdie land deur is.

Ons is amper letterlik gemors – rommelstatus. Is dit nie genoeg vir ’n jaar nie? Moet ons op gespring word terwyl ons lê en probeer huil – ons is droog gehuil. 

Ek hoop regtig dit was die laaste K.A.K. vir die jaar. Asseblief tog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.