30 April 18:43
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Profiele
10 vrae aan Lien Botha: Kaleidoskoop van talente
Die Bettysbaaise kunstenaar, fotograaf en kurator Lien Botha het nou ook gedebuteer as romansier, met die boek Wonderboom. Herman Lategan het haar oor haar werk en lewe uitgevra.

Die boek se eerste reël is: “Sy eet vandag ’n spreeu.” Wie? Waarom?

Lien Botha

Die hoofkarakter, Magriet Vos. Sy bevind haar in ’n post-apokaliptiese tyd binne die Suid-Afrikaanse landskap. Dit is die era van die ontgogelde digitale boorling en alle bronne is skaars.

Die gevolg is dat die skeiding tussen ryk en arm meer skreiend is as ooit vantevore en veral in die buiteposte gaan dit benouend. Sy is ’n violis wie se geheue besig is om die gees te gee.

Wat is die beste lewensraad wat jy al ontvang het, en by wie?

Luister (’n musikant). Maak tyd om te gaan stap (’n vriend van my wat in ’n rolstoel is). Vergeef (my oorle ma).

Bome, voëls, plante en velddiertjies bekoor jou. Wat is vir jou van die mooiste Afrikaanse name in hierdie kategorieë?

Deurmekaarbos, grootblaardrakeboom, drolpeer, jakkalsbessie, bosveldbloubos, raasblaar, kierieklapper, snot­appel, huilboerboon, afri­-kaanse wielewaal, bosbont­-rokkie, witpenswindswael, witgatruiter, wimpelvlerknaguil, geneesbossie, oewer­konyn, makwassieskeerbek.

Watter voëlgeluid in Bettysbaai is die bekoorlikste?

Die Waterfiskaal se “boo-boo en whee-ooo.”

Wanneer loop jy finaal weg van ’n kunswerk, foto of boek?

Iets knipoog.

Wat maak jou moerig oor mense, die land, die kunswêreld ter plaatse en die letterkunde?

Politiek.

Graham Greene het gesê: There is always one moment in childhood when the door opens and lets the future in. Kan jy so ’n oomblik onthou?

Daardie kaleidoskoop wat ek op tienjarige ouderdom as verjaardag­geskenk ontvang het.

Jy is lief vir die see. Hoekom?

Dis medisyne; vol wonderwerke. Die see vergeef en help mens om jou eie skade uit te woed en dan is dit ’n ­reality check : Even the Castles made of sand, fall into the sea eventually (Jimi Hendrix).

As jy op ’n eiland gestrand is, watter vyf goed sou jy graag by jou wou hê en hoekom?

Raymond Smith – my liefde; boeke vir Afrika; wyn vir die sasjimi wat ons elke dag gaan eet; samboksalf; en ’n groot boks vuurhoutjies.

As jy jou lewe oor kon hê, sou jy iets verander? Sal jy soos Édith Piaf sing: “Non, je ne regrette rien”?

Nie regtig nie. Net dan en wan wonder ek hoe dit sou wees om in ’n plek te kon woon sonder die ideologiese gewig van hierdie land; die sieklike wanbalans tussen die haves en have nots. Helaas, ek sing saam met Piaf.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.