18 Augustus 10:35
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Profiele
’n Lewe in jou hande
Gavin Cooper in die plek wat hom die gelukkigste maak.

Die 28-jarige Gavin Cooper is ’n ambulans-noodsorgassistent vir Legacy Emergency Specialists in eMalahleni. Hy word daagliks met noodsituasies gekonfronteer om mense se lewe te red.

Jy het voorheen by Mooikrans Equus (’n opvoedkundige perde- en vakansieplaas) as hoofbestuurder gewerk. Wat het jou so ’n drastiese beroepskuif laat maak?

Ek glo die werk wat ek agt jaar lank by Mooikrans gedoen het, het my voorberei om die werk te doen wat ek nou doen. Ek het daar geleer om met kinders te werk. Ek moes al ’n kind vashou wat deur ’n hond verskeur is terwyl ’n suster ’n naald in sy armpie moes steek. Op daardie oomblik is jy daardie kind se rots en veiligheid. Wat ’n voorreg is dit nie?

Wat het jou laat besluit om as paramedikus te begin werk?

Ek was van kleintyd af mal oor loeiende sirenes. Ek het altyd daarvan gedroom om eendag ’n traumachirurg te word, ek dink daar is niks meer bevredigend en veelseggend as om ’n ander mens se lewe te red nie.

Die lewe het ’n paar draaie met my geloop om my voor te berei op my toekoms en as ek nou terugdink is dit onverklaarbaar hoe alles uitwerk. Ek het vele vakansies in die ongevalle- eenhede van hospitale deurgebring – soms was ek meer in die pad as enigiets anders. Maar in my hart het ek geweet: Dis waar ek wíl wees.

Vertel ons van jou opleiding.

Ek het in 2008 my basiese ambulans- assistentkursus gedoen wat ses weke geduur het en daarna stadig maar seker my 1 000 padure opgebou.

Ek het in Maart 2016 die geleentheid gekry om ’n internasionale kursus in Oos-Londen te voltooi en dit is toe dat ek die moeilike besluit moes neem om uit my werk te bedank en my droom en passie voluit na te streef.

Ek het drie belangrike gevorderde kursusse voltooi in kardiale, pediatriese en traumabystand. My huidige opleiding is as ambulansnoodsorg-assistent, dan wil ek as ’n noodsorgtegnikus kwalifiseer. Eers dán staan jy bekend as ’n paramedikus.

Ek weet ons werk het ’n merkwaardige impak op mense se lewe.

Hoe lyk ’n dag in jou lewe?

Elke dag is anders, soms baie deurmekaar, maar altyd bevredigend. Ons begin gewoonlik deur die ambulans te was en voorraadopname te doen. Die binnekant word behoorlik ontsmet en twee keer ’n week met hoëdrukstoom behandel. Ons wag baie. Sodra ’n oproep inkom, gaan ons na die toneel.

Die adrenalien pomp en soms is dit gevaarlik om so gou moontlik by die toneel uit te kom. Dit help baie as voertuie vir ons pad maak.

Sodra ons op die toneel kom, flits daar ’n duisend dinge deur jou kop: Wat is die moontlike gevare of uitdagings? Het die mense groot kwaai honde? Gaan daar vandag ’n voertuig in ons toneel op die snelweg injaag?

Waar is die wapen wat gebruik is? Gaan die toneel in chaos ontaard?

Ons moet baie besluite onder geweldig hoë druk neem.

Wat is die grootste voordeel van jou werk?

Daar is geen groter voorreg as om te doen wat ek doen nie. Dit voel soms onwerklik. Ek weet dat die enigste manier om die mensdom te dien, is op jou knieë. En ons is gereeld op ons knieë, soms om te bid vir krag, en soms uit dankbaarheid.

Ek weet ons werk het ’n merkwaardige impak op mense se lewe. Die werk wat ons fisiek doen, kan die verskil tussen lewe en dood beteken.

Maar ons speel ook ’n rol in die geestelike impak op mense. Om ’n pasiënt wat verkrag en ernstig aangerand is se hand styf vas te hou en saam met haar te bid terwyl sy hospitaal toe ry . . . dan staan alles om my stil. Al waarop ek fokus is die vrou en haar pyn en haar bewende oumenshande. Dit is in hierdie oomblikke wanneer ek opnuut besef ek is presies waar ek moet wees. Ek maak ’n verskil.

Deur basiese noodbehandeling te kan toepas, kan jy iemand se lewe red.

En die nadele van jou werk?

Dit kan emosioneel baie uitputtend raak. Ek dink een van die grootste gevare is dat dit ’n mens verhard en koud maak teenoor jou pasiënte en medemens. Dis iets wat ek nooit wil toelaat om te gebeur nie.

Onthou dat jy bevoorreg is: Jy is daar as mense gebore word en as hulle sterf – baie kulture beskou hierdie oomblikke as heilig. Wat ’n voorreg om daar te wees.

Dink jy dis belangrik dat almal ’n noodhulpkursus moet doen?

Ek wil skole nader sodat elke leerling in gr. 7 noodhulp, vlak 1, onder die knie kan kry. Ons wil die opleiding so goedkoop moontlik in skooltyd aanbied sodat dit vir ouers gemaklik is.

Deur basiese noodbehandeling te kan toepas, kan jy iemand se lewe red.

In Suid-Afrika is die responstyd van ’n ambulans baie langer in vergelyking met ander lande. Breinskade begin ses minute nadat jy ophou asemhaal, en daarom behoort elke mens te weet wat om in so ’n situasie te doen totdat die ambulans opdaag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.