29 Mei 07:52
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Sielsgoed
Die harde woorde wat die skaal praat

Op Nuwejaarsdag het sy besef: Die skaal is haar vyand en die squeezie haar vriend, skryf Carryn-Ann Nel.

Carryn-Ann Nel

Die vrees om in Pick n Pay te staan en op die kredietkaartmasjientjie se skerm te sien: Insufficient funds.

Die vrees dat my ma die binnekant van my deurmekaar klerekas moet sien. Die vrees dat my selfoon in die verkeerde hande beland en iemand op my 2,3 miljoen selfies afkom.

Dít is drie van my grootste vrese in die lewe.

Maar die ultimate vrees wat my Australië toe sal laat emigreer, is die vrees dat ek eendag verkeerd uit ’n kar sal klim en iemand ’n foto van my kosbaarste besitting sal neem.

Daar is baie name daarvoor, het ek al gehoor: ’n step-in (of sommer stepping, soos die oumense sê), ’n maermaak-panty, ’n kroekbroek.

Daar is baie name daarvoor, het ek al gehoor: ’n step-in (of sommer stepping, soos die oumense sê), ’n maermaak-panty, ’n kroekbroek. Daardie lelike, dog wonderbaarlike wonderwerk wat mos beige móét wees en wat jou terstond 5 kg maerder laat lyk. Myne noem ek sommer my squeezie. Want al hoe ek in hom inkom, is deur myself in hom in te squeeze. En kyk, dis ’n storie. Teen die tyd dat ek in is, begin my oë al uitpeul, maar die slanker ekke gee nie om nie.

My squeezie is my beste vriend en my kosbaarste besitting. As my woonstel ooit aan die brand slaan, gryp ek hom eerste.

Die Here het my nie met ’n plat maag geseën nie en Hy weet ook ek kan nie heeldag my maag loop en intrek nie.

So my squeezie is my geskenk en seëning.

Maar dit is ’n helse stryd om in hom in te kom. Dit begin met ’n skietgebed. Dan gaan lê ek op my bed, bene in die lug. Volgende haal ek tien maal diep asem vir die inspanning wat volg. En dan trek ek los met 155 karateskoppe in fast forward tot ek in hom is.

Gewoonlik moet ek dan eers ’n bietjie bly lê om my asem terug te kry. Wanneer ek en squeezie weer regop staan, moet ek my maag net ’n paar keer knie om eweredige verspreiding te verseker, en dan, siedaar!, is ek maer.

En toe kom 1 Januarie en ek maak die grootste fout van my lewe. Ek klim op ’n skaal en weeg myself. Ná my derde bak trifle.

So kan ek maar daardie stywe rok dra sonder dat enigiemand weet wat onder aangaan.

Die probleem kom net in wanneer die DJ “To the Window, the Wall” speel. Want dan kan ek nie saam met die res van die mense “Get low, get low, get low, get low” gaan nie.

En toe kom 1 Januarie en ek maak die grootste fout van my lewe. Ek klim op ’n skaal en weeg myself. Ná my derde bak trifle.

En ek bly kyk vas in die skaal, want die skaal verklap mos die waarheid. Squeezie of te not.

Die skaal verbloem nie jou rolle nie. Die skaal neem nie jou selluliet weg nie. Nee. Dit is harde woorde wat die skaal met jou praat.

En voor ek my kon kry, haat ek my lyf en snou ek myself allerhande negatiewe dinge toe.

Dis toe dat ek besef: Die skaal is my vyand en my squeezie is my vriend.

Ons almal is nie met ’n plat maag gebore nie. En dis oukei om nie volmaak te wees nie.

Ons is dikwels ons eie grootste vyand wanneer dit by ons lywe kom. Ons sal eerder die vetrol as die mooi glimlag sien, eerder ons wye heupe kritiseer as om met mening daarmee te dans.

En ek dink dit is een van daardie onregte wat ons vroue so dikwels aan onsself doen: Ons strewe áltyd daarna om “net 5 kg” te verloor, om net brood uit te sny om in daardie perfekte rok te pas. So gaan die jare en die dekades om en uiteindelik het ons te veel geweeg en te min geniet.

Daarom sê ek: Gooi weg die skaal en maak squeezie jou vriend!

* Carryn-Ann Nel is Netwerk24 se nuusredakteur in Kaapstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.