28 Junie 19:35
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Stemme
‘Staan in die hoekie, Oscar’
Jani Allan, die ‘Sunday Times’-joernalis wie se verhouding met Eugène Terre’Blanche opslae gemaak het, sê aan Herman Jansen dié vermoorde AWB-leier en Oscar Pistorius is een en dieselfde soort mens.

Jy was alom bekend, die gewildste rubriekskrywer in Suid-Afrika, toe jy die land in 2001 verlaat het. Hoekom is jy weg?

Ek is buite my woonstel in Clifton met ’n vuurwapen aangehou. Wyle Mario Oriani-Ambrosini het vir my ’n vliegkaartjie Amerika toe gekoop.

’n Mens het jare lank niks van jou gehoor nie. Waar woon jy in die VSA en wat doen jy? In Lambertville, New Jersey, ’n pragtige, historiese rivierdorp wat baie gewild is by welgestelde New Yorkers. Ek werk as kelnerin met plat skoene en ’n bistro-voorskoot in ’n hoogaangeskrewe eetplek.

Ek het “My Braailewe” gekies sodat ek kon skryf oor my ervaringe as ’n bediener (server).

Jou boek, Absolutely Jani, sou vandeesmaand verskyn het. Hoekom is dit uitgestel tot vroeg volgende jaar?

Omdat ek deeglik navorsing doen en hofdokumente en foto’s van oorsee af moet insamel. Dit neem baie tyd in beslag.

Vertel jy alles daarin?

Tagtig persent van die goed wat mense dink hulle van my weet, is onwaar. Daar gaan baie dinge in die boek geopenbaar word.

Jy het onlangs geskryf jou lewe is “heeltemal geruïneer” deur die stories dat jy ’n seksuele verhouding met wyle Eugène Terre’Blanche gehad het.

Ek was by die poorte van die hel oor hierdie valse aantygings. Dis nogal erg om op die badkamervloer te lê terwyl die pers aan jou deur hamer. Ek het ’n bloeiende maagseer ontwikkel en is na die Parktown-kliniek gebring met net enkele ure om te leef.

My woonstel in Sandton is gebom en ek moes landuit vlug.

Wat as jy Terre’Blanche nooit 25 jaar gelede ontmoet het nie? Dalk gelukkig getroud in Sandton?

Ek het my kans vir ’n “hap- pily ever after” gehad met Gordon Schachat. Ons huwelik het in 1984 tot ’n einde gekom. Ek het nie verstaan wat ’n ware huwelik is nie. Gordon moes die heeltyd saamleef met my angst oor my rubriek.

Jy was uiters krities oor Suid-Afrika toe jy hier weg is. Wat het jou die meeste gepla?

Misdaad, korrupsie, nepotisme en rassisme. Nou bekommer ek my net oor die mishandeling van diere, renosterstropery, geblikte leeu-jag, die slagting van dolfyne . . .

Is jou doemprofesieë van destyds bewaarheid?Voel Suid-Afrikaners veilig?Is daar korrupsie? Maar ek bewonder Helen Zille vir wat sy in die Wes-Kaap vermag het.

Jy het onlangs in ’n artikel Oscar Pistorius met Terre’Blanche vergelyk.

Altwee is valse (faux) helde. Terre’Blanche het in woedebuie uitgebars wanneer hy nie sy sin gekry het nie. Hy was ’n ydel narsis wat ’n kannetjie Fiesta-haarsproei in die sak van sy safaripak gedra het. Pistorius se woede-tantrums is welbekend. Sy optrede, op die baan en van die baan af,was nie dié van ’n sportman nie.

Wat dink jy van regter Thokozile Masipa se uitspraak?

Vir baie lyk dit of die ryk, bedorwe wit brokkie letterlik met moord weggekom het omdat hy in staat was om die slagoffer te speel en omdat geld vir hom ’n magtige regspan kon koop.

Dit lyk na ’n triomf vir die aggressor en ’n her-viktimisasie vir wie ook skuiling
agter die deur gesoek het.

En sy vonnis?

Onlangs het iemand my by ’n Bryan Ferry-konsert gevra: “Hoe kry hierdie Pistorius-donner dit reg? Het hy almal omgekoop?” Hy kan binne tien maande uit wees. Dis soos om vir Oscar te sê om in die hoekie te gaan staan.

Waar dink jy sal jy oor tien jaar wees?

Terug in Suid-Afrika? Ek was so lank weg dat ek gedog het Joost en Amor is ’n strokiesverhaal! Ek sal skryf en baklei vir diereregte. Dalk is ek in Kaapstad as ek ’n werk in die parlement kry. Niks swaars om op te tel nie, baie byvoordele én ’n lekker slapery op die jop!

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.