30 April 18:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Menings
14 vrae oor Helen Zille se twiets

Het Afrikaners rede om hatig oor “kolonialisme” te voel? Ja, in ’n mate. Hulle was die slagoffers van wrede Britse imperialisme maar later ook die argitekte van ’n nuwer manifestasie van die idee dat een volk oor ander kan heers.

Was daar desnieteenstaande die afgelope week baie Afrikaners wat aanvalle op Helen Zille ervaar het as ’n aanval op hulle? Ja, tog. Asof die kritiek op die politikus se onbesonne twiets noodwendig ook kritiek veronderstel teen alle wit mense en elke waardevolle bydrae wat wit mense elke dag tot hierdie land maak.

Is daar rede om wrewelrig te voel omdat die kop van Zille nou geëis word terwyl die kabinet vol ministers sit wat aan veel groter sondes skuldig is, waaronder oneerlikheid, grypsug, rassisme en selfs korrupsie? Ja, natuurlik. Die Zille-krisis was geensins dié week die land se grootste nie – mafia breek by regterskantore in; ’n stommerik verongeluk byna 17 miljoen mense se maatskaplike toelaes; die Valke se baas moet waai uit sy pos maar die ­minister van polisie veg nietemin dat lt.genl. Berning Ntlemeza in sy pos bly al weet ons dat hy ’n leuenaar is.

Beteken die feit dat die Zille-storm nie die grootste krisis in die land was nie dat dit daarom onbenullig is? Nee.

Is dit raadsaam om te vra of dit wat jy sê nodig is of dalk kwetsend kan wees? Ja.

Is dit teenproduktief om van wit mense te verwag om “liewer stil te bly” en alle debatte heeltemal te vermy oor onderwerpe waaroor swart en bruin Suid-Afrikaners sensitief is? Ja. In die meeste gevalle dien ’n oop gesprek die landsbelang selfs al maak dit soms seer; ons mag maar van mekaar verskil; niemand is geregtig daarop om nooit aanstoot te neem nie.

Kan ’n debat oor die nalatenskappe van kolonialisme sinvol wees in hierdie plofbare tyd waarin Suid-Afrikaners mekaar so graag misverstaan? Nogmaals ja. Dis selfs nodig. Diegene wat baie swaargekry het in die honderde jare van wit opperheerskappy in hierdie land is in die meeste gevalle steeds die armstes, en hulle voel ontmagtig en kwaad al wórd swart miljardêrs in bemagtigingstransaksies geskep. Die massa mense bly agter. Ons moet verstaan waarom. Vir hulle voel dit nog dikwels of die lewe nie juis beter geword het sedert die dae toe die wit man baas was nie. Terselfdertyd voel baie wit mense hul bydraes tot die bou van die toekoms word misken.

Is baie van wat nou fout is die gevolg van swak regering sedert 1994? Ja.

Het die era voor ’94 ontsaglike maatskaplike konflik in die hand gewerk en strukturele ongelykhede vasgemessel wat hardnekkig is? Weer eens: Ja.

Het Zille die wetlike reg gehad om die duwweltjie van kolonialisme aan te roer deur in ’n reeks twiets haar miljoen volgelinge op Twitter daaraan te herinner dat koloniale owerhede te midde van rassediskriminasie waterpype aangelê het? Ja, spraakvryheid word in die Grondwet beskerm. Sy kan sê wat sy wil solank sy nie haatspraak pleeg nie. Daar is enkele ander beperkings ook, maar sy was ongetwyfeld wat die wet betref binne haar regte.

Is al wat saak maak om “binne jou regte” te wees? Nee.

Is dit raadsaam om ook te vra of dit wat jy sê, nodig is of dalk kwetsend kan wees? Ja.

Is dit redelik om van iemand met ­Zille se intellek te verwag om haarself voor sy praat of twiet af te vra of dit wat sy sê skadelik kan wees vir die party waarvan sy eens die leier was? Ja.

Is swart Suid-Afrikaners (soos wat Afrikaners behoort te wees) ongemaklik wanneer hulle voorgesê word hoe om oor kolonialisme te voel? Ja.

Is dit dieselfde swart Suid-Afrikaners wie se stemme die DA nodig het om die kranksinnige en korrupte ANC in 2019 tot onder 50% by die stembus te dwing, die ANC wat so plunder, wat die demokrasie voor ons oë vernietig – hierdie rowerregime? Ja.

Zille se reg op spraakvryheid is nie aan bande gelê deur die geweldige reaksie op haar opmerkings nie. Haar reg om te sê wat sy gesê het, staan vas en moet beskerm word. Maar die Grondwet beskerm haar nie teen die reaksie van gewone kiesers wat woedend is en seergemaak voel nie – dit moet sy trotseer. En die Grondwet kan absoluut niks doen om haar te beskerm teen die interne gevolge van haar onbesonne twiets binne die DA nie, wat met ’n bepaalde dringendheid streef om ’n party van nasionale regering te word. Zille was binne die wet. Tog was wat sy gedoen het verkeerd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.