26 Junie 21:00
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Stemme
Uit my politieke pen
Besluit nóú reg oor Nommer Een

Nogmaals ’n baie vals noot uit die rassetamboer wat Nommer Een al hoe meer verbete slaan in ’n poging om die ál hoe luider kritiek teen hom uit te doof.

Ter sprake is pres. Jacob Zuma se geklike uitlating dat wit rassisme agter die openbare betogings teen sy voortgesette teenwoordigheid in die presidentstoel sit.

Almal weet tog die derduisende wat openlik stemming maak teen Zuma, is in die breë verteenwoordigend van die land se mense. Hulle is, ongeag ras, moeg vir ons rommelpresident en sy korrupte kliek wat ons land na ’n rommelmoeras afgetrek het.

Dié soort ongenuanseerde – en uiters dwase – uitlating is egter al ’n gewoonte by Zuma, in so ’n mate dat sy termyn eintlik soos ’n inventaris van flaters lees. As jy na Zuma luister, sal jy weet dat: Afrika ’n paradys was totdat Jan van Riebeeck en “die ander” hier opgedaag het om alles op te foeter;) Ons probleme op “die Afrika-manier” opgelos moet word en swart mense nie “te slim” moet raak nie; ) Jy hemel toe gaan as jy vir die ANC stem – opposisie gaan hel toe; ) Swart mense nie geld vir ’n veearts behoort uit te gee of met ’n hond moet gaan stap nie – dis dinge van “die wit kultuur”;) Die ANC tot die wederkoms sal regeer; ) Die ANC belangriker as die Grondwet is; en ) Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe geliefd is by sy mense en Suid-Afrika hom daarom nie behoort te veroordeel nie.

Die ironie is egter dat dié soort geklikheid nie vir Zuma óf die ANC kan red nie.

Die ironie is egter dat dié soort geklikheid nie vir Zuma óf die ANC kan red nie. Trouens, dit is ’n vername deel van hul stelselmatige ondergang. Die syfers wys Zuma het die ANC altesame al sowat 14 persentasiepunte (en verskeie metro’s) by die stembus gekos.

Met dié is dit tyd dat die ANC-LP’s wat gaan stem oor die mosie van wantroue in Zuma twee harde werklikhede in die oë kyk en besef dis nie net Nommer Een se toekoms wat op die spel is nie: As hy die huidige neiging voortsit, is hy sy volstrekte meerderheid ná 2019 se nasionale verkiesing kwyt. Soos Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, dit al op Twitter gestel het: “Suid Afrika sal Jacob Zuma oorleef, maar dit gaan moeiliker vir die ANC wees om hom te oorleef.” ) Zuma se ANC het vanjaar die mees rasgedrewe verkiesingsveldtog tot nog toe gevoer. Die syfers wys egter dat veral groot getalle stedelike kiesers ondubbelsinnig “nee” gesê het vir dié rassetaktiek. As sodanig is dit tyd dat die party in woord en daad terugkeer na sy eie beleid van nierassigheid.

Uiteindelik is die vrae waarvoor die ANC-koukus te staan kom, heel eenvoudig: Hoe lank sien julle nog hiervoor kans? Hoe lank kan julle nog sê dié man is die beste wat julle het? Is mense reg as hulle sê die idee van “goeie mense in die ANC” het ’n mite geword?

Die ANC-koukus staan by ’n vurk in die pad met die land en die wêreld se oë op elke LP. Helaas is dit wat nou behoort te gebeur en dit wat gáán gebeur weer twee geheel en al verskillende goed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.