24 Julie 18:48
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Stemme
Hoeveel keer moet ons nog na Zuma luister?

Hoe moes Baleka Mbete, speaker, en Thandi Mo­dise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, die opposisie Donderdagaand hanteer het – ’n EFF-koukus wat weier om na pres. Jacob Zuma te luister; ’n DA wat vir ’n oomblik van stilte vir die 94 slagoffers van die Esidimeni-skandaal vra?

’n Mens vra, want hoeveel keer moet ons nog ’n spektakel soos dié verduur?

Die aand se dramatiese gebeure was die soveelste aanduiding van ’n ANC-parlement wat nie hierdie gekorrupteerde president kan of wil stuit nie (veral nie terwyl Thabo Mbeki toekyk van die ­galery nie).

Vroom ANC-lede wat verontwaardig sê dat dit eerder Julius Malema, Mbuyiseni Ndlozi en ander EFF-LP’s is wat die orde versteur en die demokrasie skaad, verhef vorm bo demokratiese substansie en maak ’n gevaarlike fout.

Dit is nie vuisgevegte of ’n geskreeu waarvoor demokrate bang is nie; dit is Zuma die “konstitusionele misdadiger” wat sy greep op die mag met ’n vertoon van soldate se blink gewere in die oë van ’n SAUK-TV-gehoor probeer verstewig wat ons wakker moet laat lê.

Die ANC-oorheerste parlement staan oënskynlik magteloos. Senior amptenare skerm selfs vir Zuma.

Die kleine, luide EFF lyk ’n bietjie na die slag­offer. Zuma lyk na ’n stamelende stommerik.

Dit kan dalk wel so wees dat Mbete en Modise min opsies gehad het, en dat ontwrigting verduur kan word net tot op ’n punt. Maar ANC-LP’s staan nogtans sonder ’n voldoende repliek teenoor die waarheid wat verkondig word deur die EFF, wat sedert laas jaar se uitspraak in die konstitusionele hof oor Zuma se verbreking van sy ampseed, beklemtoon dat hy hoegenaamd nie die staatsrede behoort te lewer nie, want hy is nie geskik om die land te lei nie. Natuurlik is hulle reg.

Malema het dit Donderdagaand gesê: dat die versuim van die Nasionale Vergadering om by vorige geleenthede vir Zuma in ’n staat van beskuldiging te plaas, nie beteken “dat die meerderheid reg is nie”. Juis.

Die hele ANC is in die beskuldigdebank, rebelle soos Jackson Mthembu inkluis wat om pragmatiese redes op ’n aand soos Donderdagaand entoesiasties saam met Zuma se vurigste apologete laertrek om hul beleërde leier. Selfs die mees uitgesproke van die vele Zuma-teenstanders in die party sal ook nooit ’n mosie van wantroue deur die opposisie durf steun nie.

Dat ANC-LP’s, van wie ’n paar vinnig aan die slaap geraak het toe Zuma begin teem het, aanhou sit het eerder as om saam met Malema-hulle te ululeer, is absoluut verstaanbaar, maar nie moreel reg nie; dat Mbete nie die aanvoeling gehad het om te besef dat die DA noodwendig sy sin moet kry met die kort stilte vir die Esidimeni-slagoffers nie, lê opnuut die ANC se stoomrollerpolitiek bloot.

Die chaos van Donderdag – die withemde, die rooi bloed, die slapende ANC-LP’s – maak egter nie die parlement as instelling irrelevant nie.

Want elke keer dat Zuma in die Nasionale Vergadering en voor die TV-kameras verneder word, sien meer Suid-Afrikaners hoe magteloos hy en sy party is om die verlies te stuit aan morele gesag waarmee oudleiers soos O.R. Thambo eens so gespog het en by tye darem ook móg spog.

Zuma se sinisme is net te sigbaar. Gewone mense – kiesers – is nie daarvoor blind nie.

Zuma se sinisme is net te sigbaar. Gewone mense – kiesers – is nie daarvoor blind nie. Die konstitusionele hof se verdoemende uitspraak én Augustus se slegte verkiesingsuitslae het sy posisie, en die ANC s’n, sedert laas Februarie se staatsrede verswak.

Dit is nou die norm dat die EFF ­Zuma belet om te praat totdat hulle uitgegooi word. Die kleine, luide EFF lyk ’n bietjie na die slagoffer. Zuma lyk na ’n stamelende stommerik.

Dit het die norm geword dat ook die DA die ANC se neus in sy eie mislukkings vryf – Donderdagaand sou die handhawing van stilte neergekom het op ’n erkenning dat die ANC aandadig is aan die dood van die Esidimeni-94. Hulle is.

Die DA het sy punt gemaak.

Elke parlementsitting wys wat Mmusi Maimane Vrydag beskryf het, naamlik hoe die uitvoerende gesag die parlement “gekolonialiseer” het, van ’n potensiële bulhond ’n skoothond gemaak het (robuuste komitees soos dié oor die SAUK bly ’n uitsondering).

Met elke geleentheid wat die ANC misloop om van Zuma ontslae te raak, kalwe die party aan sy eie reputasie weg – ’n geskenk vir die DA en EFF.

So, hoeveel keer nog?

Ek glo dat Jacob Zuma nog lank nie met ons klaar is nie.

Ek glo dat Jacob Zuma nog lank nie met ons klaar is nie.

Hy stort soveel energie in die manipulering van die opvolgstryd. Sy greep op die intelligensiedienste is steeds sterk. Hy weet te veel van sy vyande in die party. Sy vriende het hom nodig.

Die komende week sal hy ontwrig word tydens sy antwoord op opposisiepartye se repliek op die staatsrede. Later die jaar sal hy weer verneder word deur manne en vroue in rooi. Volgende Februarie sal hy nie meer ANC-president wees nie, maar steeds president van die republiek.

Niks in die ANC suggereer dat die dapperheid bestaan om hom te torpedeer soos wat die party indertyd met Mbeki gedoen het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.