Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Boeke
Bibi se bydrae tot ’n sagter wêreld
Bibi SlippersFoto: Sven Kristian

Fotostaatmasjien is nie gedigte met hogere Afrikaans soos uitgedink deur die een of ander soetjiespoepprofessor nie. Nee, sy dig hom soos ons hom praat en dis fo**in lekker!

Só lui een van die reaksies op Facebook op die nuus dat Bibi Slippers se langverwagte debuut, Fotostaatmasjien, pas by Tafelberg verskyn het.

Slippers het vinnig ’n paar vrae tussendeur haar werk by Idea Candy, wat programme vir kykNET vervaardig, op Facebook Messenger beantwoord.

Wat maak die skryf van poësie vir jou die moeite werd?

“Ek gaan vir Etienne van Heerden hier aanhaal. Toe ek nog by LitNet gewerk het, het hy altyd met my gespot en gesê: ‘Ja, Bibi, die romansier het die geld en die roem en die aansien . . . maar die digter het die gedig.’ ”

Dink jy digters kan vandag nog, in ’n Trump-wêreld, onbetrokke skryf?

“Ek hoop ek kry hierdie verwoord, maar ek dink om gedigte te skryf in hierdie tyd IS betrokke.

“Om so diep oor iets te dink en soveel te verfyn aan jou gedagtes en uitdrukking in ’n era waar tweets links en regs vlieg en ons mekaar sonder om twee keer te dink aan die pussies grab en so aan.

“Dis subversief en dwars en betrokke by jou menslikheid. As dit sin maak. Daar’s so website waaroor ek mal is met die titel ‘A softer world’. Ek dink poësie skryf kan ’n bydrae maak tot so ’n sagter wêreld sonder om noodwendig soos ’n politieke party se plakkaat te lees.”

In jou bundel is daar ’n gedeelte oor/vir Breyten. Watter impak het hy (en sy werk) op jou gehad?

“Hy laat my keer op keer weer glo dat woorde kan toor. Om hom te lees maak nie altyd vir my rasioneel sin nie maar hy tokkel met mens se senuweestelsel.”

Wat dink jy is die beste roete vir ’n digter: Om een bundel te publiseer, soos Gert Vlok Nel, en dit heeltemal te laat deel word van ’n land se psige, of om so gou moontlik weer en weer te publiseer?

“Iemand het by Oppikoppi verwys na Vlerk God Nel...

“Ek dink daardie goddelike skaarsheid is deel van wat hom so ikonies maak. En ek dink as my meesters my een ding geleer het, is dit dat jy omtrent ’n 1 000 gedigte moet skryf om 100 goeies te publiseer. Maar dalk is my fail rate net hoog. ;-)”

Wanneer verskyn jou tweede bundel?

“Ek wil volgende aan ’n narratief werk, nie dadelik weer ’n bundel nie. Maar ek het ’n idee vir ’n aanlyn projek waar ek in 2017 darem so een maal ’n maand (dalk) ’n gedig wil publiseer.”

Meer oor:  Bibi Slippers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.