21 Julie 12:32
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Boeke
‘Hoe ons kyk na mense wat anders is’ – Van Heerden
Etienne van Heerden

Hy sien dikwels eers sy karakters en gee hulle later lewe, sê die skrywer Etienne van Heerden oor die hoofkarakter in sy jongste roman. Dié karakter was ook sy lewe lank ’n “ekstra”.

Van Heerden het by die bekendstelling van sy roman Die wêreld van Charlie Oeng (Tafelberg) op die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees met Annemarie van der Walt gesels. In die roman werk Charlie Oeng as ’n ekstra op die filmstel van die rolprent, The World of Suzie Wong, wat tot ’n mate in ’n jukstaposisie met Van Heerden se jongste pennevrug tree. Die rolprent is in 1960 uitgereik.

“Dis so ’n romantiese fliek van ’n Brit wat in Hongkong gaan skilder en dan op ’n Chinese vrou verlief raak. Daar is al baie studies oor die roman (die oorspronklike inspirasie vir die fliek) geskryf, want dit is juis ’n roman wat hierdie misterieuse Oosterse vrou, die stereotipe, skep. Sy is nie regtig ’n mens nie. Sy is net hierdie romantiese figuur. Ek het met daai beeld gewerk.”

Van Heerden noem sy boek ’n soort biografie van die karakter Charlie Oeng, van sy kindertyd as waterverfskilder, sy betrokkenheid by ’n bende in Hongkong en die vele ander bestemmings waarop Charlie hom bevind – die man wat ’n sirkel rondom homself trek om veilig te voel.

Van Heerden se skryfkamer in Stellenbosch heet Hiernamaals, maar dié boek het nie daar begin nie. Dis ’n storie wat ontstaan het toe Van Heerden op ’n slag weer in Cradock was, waar hy graag gaan skryf.

“Ek sien dikwels ’n karakter. En dis toe ’n Chinees met ’n kruiwa, en die kruiwa is vol sout en hy het so ’n punthoedjie op. In werklikheid het ’n Chinees met ’n groot blink Mercedes verby my gery. Só ’n karakter stap by ’n mens in en dikwels voel jy – onbewustelik – jy ken reeds die karakter. En dan is die proses van romanskryf om nuuskierig te wees oor die karakter. Jy soek daai karakter wat jy op ’n manier herken, maar jy ken hom ook nog nie. Maar hulle loop so verby.”

In Hiernamaals en in verskeie ander plekke soos Amsterdam, Hongkong en Istanbul het hy ook Charlie se wêreld verken.

Die Wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden.

Van Heerden is baie vertroud met Amsterdam, maar Istanbul moes hy gaan verken, omdat een van die karakters van daar af kom. “Ek en my vrou was daarheen. Dit was ’n fantastiese besoek.”

Die Hongkong-besoek was egter die moeilikste deel van sy navorsing. Sy dogter het hom daarheen geneem.

“Ek was in ’n posisie om net te beleef. My dogter het alles gereël. Maar wanneer ek met Hongkong gewerk het, was dit my verantwoordelik om enersyds in my karakter se kop te klim en te kyk hoe hy dit ervaar. Jy kan nie skryf hoe die toeris se mond oopgehang het nie. Daar is baie geyktheid agter so iets.”

In Hongkong word Charlie Oeng in ’n baie bepaalde rol geplaas. Wanneer Charlie daar aanland, raak hy met ’n soort bende deurmekaar. “En dit gaan maar rof. Hy moet dinge doen vir die bende wat nie goed is nie.

“En so beland hy uiteindelik op die stel van die rolprent The World of Suzie Wong. En klim daar op die boot. En hy speel ’n ekstra. Die hele idee van ekstras is ook vir my interessant.”

Van Heerden het self ’n paar jaar gelede as ’n “ekstra”, as homself, in die sepie 7de Laan verskyn.

“Jy voel ’n bietjie silly. Jy staan daar rond. Charlie Oeng was so ’n ekstra. En eintlik is hy een sy lewe lank.”

Van Heerden sê dit is ook uiteindelik een van die temas in die boek. “Een van die groot gesprekke in die letterkunde deesdae is hoe ons kyk na mense wat anders is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.