26 Junie 21:01
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Boeke
Man Booker- internasionale prys se kortlys bekend

Die kortlys vir die Man Booker -internasionale prys vir 2017 is bekend gemaak. Hierdie prys vereer vertaalde boeke van oor die wêreld heen.

Die genomineerde romans vir die Man Booker- internasionale prys.

Elke skrywer en vertaler op die kortlys ontvang £1 000.
Die prys van £50 000 vir die wenner word ook tussen die skrywer en vertaler gedeel.

Op die kortlys is (skrywer, vertaler, naam van die boek en uitgewer):

* Mathias Enard (Frankryk), Charlotte Mandell (Amerika), Compass (Fitzcarraldo Editions)

* David Grossman (Israel), Jessica Cohen (Amerika), A Horse Walks Into a Bar (Jonathan Cape)

* Roy Jacobsen (Noorweë), Don Bartlett (Brittanje), Don Shaw (Amerika), The Unseen (Maclehose)

* Dorthe Nors (Denemarke), Misha Hoekstra (Amerika), Mirror, Shoulder, Signal (Pushkin Press)

* Amos Oz (Israel), Nicholas de Lange (Brittanje), Judas (Chatto & Windus)

* Samanta Schweblin (Argentinië), Megan McDowell (Amerika), Fever Dream (Oneworld)

Op die lys is ’n skrywer wat al voorheen op die kortlys was – Amos Oz. Sy roman is die 17de wat Nicholas de Lange vertaal het. Oz is een van die twee skrywers van Israel op die kortlys. Die ander een is David Grossman.

Die wenner word op 14 Junie in Londen aangekondig.

Dit word voorafgegaan deur verskeie geleenthede waar van die beoordelaars, skrywers en vertalers sal optree.

Die prys word geborg deur die Man Group, ’n aktiewe beleggingsmaatskappy wat ook die Man Booker-prys vir fiksie borg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.