26 Junie 19:14
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Boeke
Nuwe fees vereer Adam Small
Adam Small

Die eerste Adam Small-fees vind vanjaar van 24 tot 26 Februarie in die Bolandse dorpie Pniël, plaas. Theo Kemp gesels met die feesorganiseerder, Darryl David – die stigter van tien literêre feeste oor die land heen.

Hoe het Adam Small so op jou hart gedruk dat jy ’n fees na hom genoem het?

Ons doen so min in hierdie land om ons skrywers te vereer. Ek het as Afrikaanse dosent by die Universiteit van Durban-Westville begin. Daar het ons sterk op swart skrywers gefokus, en veral op Adam Small. Ná die samesmelting met die destydse “wit” Natal-Universiteit, was ek verstom dat Small nie deel was van hul kurrikulum nie. Adam Small het amper verlore geraak. Met hierdie fees is dit asof hierdie “Kanna” hystoe kom. Ek was jare lank dosent in Afrikaans, maar nadat die Afrikaans-departement in 2015 aan die Universiteit van KwaZulu-Natal gesluit is, is ek betrokke by die Engels-departement hier. Die Afrikaans-departemente het my hart gebreek, want ná 18 maande wou niemand my aanstel nie. Ek weet, soos Small, hoe dit voel om afgeskeep te word op grond van jou velkleur.

Wat is jou visie vir die fees?

Soos met my Soweto-fees waar ek ’n platform vir swart skrywers probeer gee, probeer ek dieselfde met die bruin stem bereik. Maar ek moet byvoeg: Die fees sal altyd veelrassig wees.

Wat onderskei die fees van soortgelyke feeste?

Die ligging maak dit anders. Naas die boeke op ’n boekefees, speel die natuurskoon ’n baie belangrike rol. Dit is waarom ek op Pniël besluit het. As feesorganiseerder vra ek my altyd af of die gemeenskap die fees wil hê. Ek soek ’n gemeenskap wat na ’n kulturele hoogtepunt smag.

Hoe volhoubaar is literêre feeste?

Ek dink ek het bewys daar is ’n mark vir hierdie feeste. En hulle is volhoubaar. Die Karoo leer ’n mens dat jy moet klein wees om te oorleef. Op my feeste gaan dit oor die verryking van die kulturele lewe van ’n gemeenskap en streek, eerder as winsbejag. Miskien is dit die rede hoekom ek nie so gewild is onder uitgewers nie.

Hoe beplan jy om die gemeenskap van Pniël te betrek?

Die gemeenskap staan bankvas agter die fees en al die plaaslike skole is reeds uitgenooi. Tot die dominee ondersteun die fees, en dít is altyd ’n goeie teken!

Waarna sien jy die meeste uit op die feesprogram?

Dit is ’n groot eer om Helen Zille op ons fees te hê. Ek sien verder uit na Hein Willemse en Steward van Wyk se Adam Small-lesings. Dalk leer ek daar hoekom mense Kanna hy kô hystoe so hoog ag. Dan is daar Breyten Breytenbach en Albie Sachs. Musiek is ’n belangrike komponent en daarom sal kunstenaars optree soos Loit Sôls. Natalia da Rocha se Adam Small Bejazzed-konsert is een van die hoogtepunte. Dan is daar ook Willie Bester, een van Suid-Afrika se beste visuele kunstenaars. Hy het verlede jaar 60 jaar oud geword en ons het niks vir hom gedoen nie. Ek hoop dat die kinders van Pniël Willie se storie kan hoor; hoe hy met sy talent ontsnap het uit totale armoede.

Is daar voldoende infrastruktuur om feesgangers te kan ontvang?

Die Helshoogtepas het die pragtigste gastehuise, waar daar ook heelwat restaurante is. Ons gaan ook elke dag ’n mark hê. Daar is wel nie ’n kitsbank nie, maar buiten vir Adam Small Bejazzed wat R60 kos, is die lesings gratis. Ek probeer net aan my Kaaps werk!

Verdere programnavrae kan gerig word aan Darryl David, davidd@ukzn.ac.za, of Matthew Cyster by die Pniël-Museum: 021 885 2645.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.