29 Maart 22:58
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Boeke
Rhode dig oor Vlakte, studie
Shirmoney Rhode

Ter viering van Wêreldpoësiedag vandag plaas die kunsblad dié gedig van die Kaapse digter Shirmoney Rhode. Dit is opgeneem in haar debuutbundel, Nomme 20 Del­phi­straat, wat onlangs verskyn het.

die worry in my eye

ek’s bang

vi’ mense wat die vullis

voo’ hulle eie deure vi’by kyk

oo’ die liefde en haat word daar

oral gepraat

ma’ daa’ word vi’giet van die kwaad

net af in’ie straat

my hart brand

my oë jik

ek sien ’n klomp goed raak

ma’ wat saak maak

is my eie straat, my eie hart

want wat sallit baat

ek sien die kwaad in jou raak

ma’ vi’giet om God se raad

as saad vi’ my eie blomtuin te gebruik?

wat saak maak is my eie straat

my eie hart

vie voo’ jou eie deur

Die bundel Nomme 20 Delphistraat weerspieël die digter se ervarings in en gedagtes aan haar tienerjare en haar tyd as ’n eerstegenerasie-student. Dit speel af in Elsiesrivier. Die titel verwys na die huis en straat waarin sy grootgeword het, maar sinspeel ook op die tema van bendegeweld. Die gedigte is ook die stories van die mense van Elsiesrivier.

Rhode is in 1991 gebore en het in Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte grootgeword. Sy het die kwalifikasies BA (Afrikaans en linguistiek), BA Honneurs in Afrikaans en ’n nagraadse onderwysdiploma in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf.

Sy is ’n Afrikaansonderwyser in ’n Kaapstadse hoërskool.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.