24 Junie 07:28
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Boeke
Schoombie speel met raaisels en verbeelding
Schalk Schoombie se tweede roman, Rooi haring, het onlangs verskyn. Foto: NB-Uitgewers

Met die intrapslag bieg die moordenaar reeds in Schalk Schoombie se raaiselroman, Rooi haring. En só gaan die leser se verbeelding op loop.

Dié invalshoek sou nie in ’n ander medium werk nie. Daarom fokus Schoombie op die medium waarin hy skryf se sterk punt – die gebrek aan beperkings.

Schoombie, ook dramaturg en joernalis, was nogal altyd bang vir prosa skryf, maar vind dit bevrydend.

“Die karakters is nie beperk nie en jy skryf ook nie vir ’n begroting nie. Die skryf van ’n boek is ’n goeie leerskool. ’n Mens wil jouself ’n bietjie uitdaag. Vir my as ou koerantman help ’n spertyd. Elke genre het sy eise en sy teikengehoor. Maar steeds kan ’n mens dit toeganklik skryf.”

Rooi haring handel oor ’n moord in ’n restaurant, raaisels en kos.

Schoombie het die tweedeboeksindroom sommer met ’n genre-sprong getakel voordat sy eerste roman, Boomkastele, verskyn het.

“Die eerste boek was klaar, maar nog nie uitgereik nie. Ek wou nie lamgelê word deur resensies en so nie. Ek wou al met die volgende werk gevorder het.”

Schoombie het nog ’n boek, Tot die dood ons skei – Mans wat hul vroue vermoor, onderweg na NB-Uitgewers. Dié keer ’n niefiksieboek, ’n boek “waarin die bloed van elke blad afdrup”.

“Dít was suiwer, suiwer navorsing. Rooi haring was vir my lekker, want ek kon eintlik maar net my verbeelding laat oortyd werk. Jy beplan fyner met iets soos dié,” en hy wys na die eksemplaar op die tafel.

“Mense sal dalk dink van die goed in Rooi haring is uitspattig, maar as ek nou dink aan daai niefiksieboek, daar is verstommende gevalle . . . Dis regtig grusaam. Rooi haring is meer speels.”

Van oomblik tot oomblik is daar ’n honderd goed waaraan jy moet dink. Watter tyd van die dag of jaar is dit? Jy moet dink oor die karakter se sielkundige toestand op hierdie oomblik en wat hy oor- of raaksien.

Om prosa te skryf is vir Schoombie, bekend vir dramas soos Samoerai, Gepiekel en Liefde, Anna, uitdagend. Die heeltyd moet besluite geneem word gedurende die skryfproses.

“Van oomblik tot oomblik is daar ’n honderd goed waaraan jy moet dink. Watter tyd van die dag of jaar is dit? Jy moet dink oor die karakter se sielkundige toestand op hierdie oomblik en wat hy oor- of raaksien.”

Heeltyd moet die skrywer dink oor wat belangrik is of nie.

Rooi haring deur Schalk Schoombie

So ook moet die regte stemming geskep word.

“Iets soos die geroesemoes in die restaurant. Gaan jy dit noem in een sin of in ’n paragraaf? Wat van die restaurant sal jy beskryf, die plafon of die tafel? Wat gaan ’n storie vorentoe laat beweeg en nie laat vashaak nie?”

Schoombie geniet dit om die verskillende gedagtepatrone van sy karakters te ontwikkel.

In sy skryfklasse by Shareen Swart se PALI-dramaskool in Pretoria bied hy oefeninge aan in onder meer die skryf van dialoog.

“Dis vir my meer van ’n ontdekkingstog om hulle te leer hoe om ’n drama te skryf. Dit lyk baie eenvoudig op die oppervlak.”

Die regte musiek en nie te veel afleidings nie, is nodig vir Schoombie om kreatief te werk.

Die luister na mense se woordkeuses en om mense waar te neem is vir hom baie interessant.

“Ek is ’n groot people watcher. Jare gelede in New York het iemand vir my gesê ’n mens moet eintlik net in ’n restaurant gaan sit wat uitkyk op die sypaadjie, want dit is soos teater,” sê Schoombie terwyl hy juis in ’n restaurant sit.

“Elke sypaadjie is ’n verhoog. En hoe die mense aantrek en afshow. En daar het ek baie karakters gesien. Om te sien hoe mense hulself ten toon stel, soos ’n ou man in Central Park op rolskaatse wat opera sing. Hy is oud, man. Hy doen sy hele eie show in Central Park.”

* Rooi haring word deur NB-Uitgewers uitgereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.