23 Junie 22:35
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Boeke
Ses romans ding mee om 2017 se UJ-prys

Ses romans ding mee om die UJ-prys vir 2017 vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans.

Die kortlys vir dié prys, sowel as dié vir 2017 se UJ-debuutprys, is pas aangekondig.

Die boeke op die kortlys vir die UJ-prys, in alfabetiese volgorde, is Dorado – Tom Dreyer, Huilboek – Ryk Hattingh, Koors – Deon Meyer, Op ’n dag ’n hond – John Miles, 1795 – Dan Sleigh en Syferfontein – Cas Wepener.

Valda Jansen

Die titels wat die kortlys gehaal het vir die UJ-debuutprys is (alfabeties volgens outeur) Die skaalmodel – Anneli Groenewald, Hy kom met die skoenlappers – Valda Jansen en Fotostaatmasjien – Bibi Slippers.

Kreatiewe Afrikaanse tekste (dus ook nie beperk tot genres nie) gepubliseer in die voorafgaande kalenderjaar kom vir dié pryse in aanmerking. Vir 2017 se UJ-pryse is altesaam 68 titels ingeskryf (18 meer as verlede jaar), waaronder 16 debute (vyf titels meer as die vorige jaar).

Bibi Slippers

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van genres heen toegeken.

Die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans het ’n prysgeld van R75 000, en die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans het ’n prysgeld van R30 000.

Die keurpaneel is saamgestel uit Afrikaanslesers betrokke by akademiese instellings en in die media. Vir 2017 se UJ-pryse was die beoordelaars Frederick Botha (onafhanklik), Bibi Burger (UP), Karin Cattell (US), prof. Jac Conradie (UJ), Marius Crous (NMU), Karen de Wet (UJ), Ronél Johl (UJ),

Anneli Groenewald

Johan Myburg (onafhanklik) en Marné Pienaar (UJ).

Die wenners word eersdaags aangekondig en die pryse word op 12 Mei by die Universiteit van Johannesburg oorhandig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.